Vrydag Byskrifte (N18)
November 28, 2015 in Sonder kategorie
Miskien moet ons ‘n nuwe naam kry vir die Sosiale Media, want baie van die wat daar kuier, gee nie ‘n snaps om oor die ander mense wat ook daar is nie. Dit gaan net oor hulle eie mening en siening. Elke sin begin met “EK” en dit wat gesê word is gewoonlik kritiek oor ander. Hulle besoekers is gelukkig as hulle met ‘n ‘like’ beloon word. Daar is nooit enige aanduiding dat hulle iets van jou lees of geniet nie. Dit laat mens half wonder. Aan die ander kant is daar die paar mense wat altyd met waardering en humor jou nietige ou goedjies lees en besoek. Baie dankie aan julle – jy kikker my dag elke keer op en ek waardeer dit meer as wat jy ooit kan besef.
Dankie vir die deelneem/inloer. Hoop jy het ‘n heerlike naweek!
1
2
3
4
5
6
Recent Comments