Profile photo of lisa

by

Verligting.

Oktober 26, 2012 in Uncategorized

“ Shadows” – a portrait

Opgedra aan Peter Sibeko

 

Soos die lig van voor oor jou val

le die skadu rokerig knus agter jou

skouers en jou rug en jou vlees

tot ek sien op ‘n dag die mistige swart

versluier onheilspellend stil jou oe

in aktiewe teenstand van wie jy moes wees

en moes word, ‘n vrye gevangene van die

ewigteenwoordige vaders wat jou vergesel

en gesel waneer klip op klip jou voorhuid

teken word van die verbond wat jou

verkneg van geslag tot geslagte

bok of bees of lam –

ingekombers in jou inisiasie mantel van

van rokerige blindheid oor Afrika

wat (soos die ontbloting van The Spear) sal val.

 

7 antwoorde op Verligting.

  1. Wat is jou verbintenis met hom?

  2. Wow.
    Hierdie is vir my right up there saam met “Die Kind”.

  3. hysmal het gesê op Oktober 27, 2012

    puik!

  4. katrina het gesê op Oktober 28, 2012

    “…. van wie jy moes wees en moes word… verkneg”. Baie treffend, ‘n laat-‘n-mens-dink-gedig.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.