Profile photo of lisa

by

ek weet nie ek wonder ek wag ek wens ek weet

Oktober 20, 2012 in Uncategorized

 

tussen Niks en Nerens moet daar iets wees erens

wat die onrus en onklaarheid kan voltooi –

wat in helder lig duidelik sigbaar die weg kan wys

sonder misleiding en bevrydend eenvoudig kan se:

Hier is Hy.

 

ek dwaal tussen stemme en stamme en vanne

en  Woorde en klank en ou mense en perels

op soek na die sin in die Sin wat onomwonde

die hele verhaal kan vertel

van die voortyd tot die eindtyd

jota en tittel en titel en nota

vir my gelos te ontrafel soos die ingang van die

deurknoplose uitgang  in die mission van St Raphael

8 antwoorde op ek weet nie ek wonder ek wag ek wens ek weet

  1. Lekker om jou te sien

  2. Jip daar het ek ook nou vir Lisa gevind

  3. ek mis nogal die sterre opsie.
    * * * * * sal hulle graag vir hierdie inskrywing van jou wil gee

    • lisa het gesê op Oktober 24, 2012

      Gee maar ‘n roos, by gebrek aan sterre…. Ek het nog nie eers agtergekom die sterre funksie is weg nie…. ons sterretjies het dus geval!

  4. Herinner my aan my eie versugtinge rondom geloof (en in my geval seksualiteit en geloof). Mooi raakgeskryf.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.