Verligting.
Oktober 26, 2012 in Uncategorized
“ Shadows” – a portrait
Opgedra aan Peter Sibeko
Soos die lig van voor oor jou val
le die skadu rokerig knus agter jou
skouers en jou rug en jou vlees
tot ek sien op ‘n dag die mistige swart
versluier onheilspellend stil jou oe
in aktiewe teenstand van wie jy moes wees
en moes word, ‘n vrye gevangene van die
ewigteenwoordige vaders wat jou vergesel
en gesel waneer klip op klip jou voorhuid
teken word van die verbond wat jou
verkneg van geslag tot geslagte
bok of bees of lam –
ingekombers in jou inisiasie mantel van
van rokerige blindheid oor Afrika
wat (soos die ontbloting van The Spear) sal val.
Onlangse kommentare