Kaalvoet oor die Drakensberge
Augustus 30, 2012 in Sonder kategorie
Opgedra aan Susanna Smit (wat ek nooit geken het nie, en ek ook nie wou wees nie)
Eendag het jy vir my gese ek bly daar tussen Niks en Nerens
en ek wonder of iemand ooit die woorde sal lees
wat ek weef wyl ek werskaf voor ‘n Dover stoof
en die wat ek liefhet bedek en toedoek en ophemel
toe sien ek die bordjie staan: R62 Niks N9 Nerens
met ‘n onklaar motor gestrand tussen Heap-of-stones en Betel
word hierdie plek my Getsemane:
in die olyf-pers word my vlees gebreek
en fyngemaal wyl ek uitloop in nuwe openbaring
van Elbetel en die bakermat van my bestaan.
TS het gesê op Augustus 30, 2012
sterk vrou
Neander het gesê op Augustus 30, 2012
Susanna was Gert Maritz se suster wat op 13jaar met Erasmus Smit die leke prediker getrou het.
Sy het baie ontberings deurstaan.
I-like-silly het gesê op Augustus 30, 2012
hartseer….
lisabeth het gesê op Augustus 30, 2012
Hi Neander! Dankie vir die inligting!!! – ek kon tot dusver nie veel oor haar opspoor nie, behalwe dat daar ‘n bundeltjie van haar in ‘n museum erens is, en dat die bundeltjie of met mielieblare of met riempies gebind is. Laat weet bietjie waar ek meer inligting kan kry?
Neander het gesê op Augustus 30, 2012
Ek weet nie veel van haar nie, maar ek onthou enkele dingetjies.
Sy is rondom 1800 in Uitenhage gebore.
Sy het twee seuns gehad en die slagspreuk was aan haar toegedig: Liewer barrevoets oor de berge…
Dit kom van die stryd teen die Britte in Natal.
(Geheim) Haar lekeprediker man het af en toe in die bottel gekyk en sy het dit maar verduur.
In vandag se tyd sou sy geskei het en haar kinders sou sonder ‘n pa grootgeword het.
lisabeth het gesê op Augustus 30, 2012
UItenhage! Dis nie naby my nie, maar dis teen my in vergelyking met Johannesburg of Bloemfontein. Noudat ek weet wat haar familieverband is sal ek dalk meer inligting kry… Wat bere jy nog alles in die argiewe in jou kop? Die is soortvan sommer random – en dit was daar!
rosiemetdorings het gesê op Augustus 30, 2012
het eenmaal ‘n boek oor haar gelees, nou nie meer 100% seker nie, maar verbeel my Margaret Bakkes het dit nog geskryf
lisabeth het gesê op Augustus 30, 2012
Julle is ‘n bron van kennis – dankie, ek gaan dit opsoek.
Madhatter het gesê op Augustus 30, 2012
13 jaar? Nog kind! Ja die liewe voorvaders. Dink nie hulle maak die jong mammas deesdae so nie.
lisabeth het gesê op Augustus 30, 2012
Maar eintlik is dit ‘n goeie einde…
Hallo Silly…
Joanna Graham het gesê op September 1, 2012
Hierdie stukkie en al die kommentare daarop het my nou behoorlik geprikkel! Dankie.
bloukaap het gesê op September 2, 2012
aan dit waaraan die natuur ongeduld vergeld …..
wyl ek uitloop in nuwe openbaring.
en die bakermat van my bestaan…..
wow, so kragtig ….
lisabeth het gesê op September 3, 2012
Ek het die spotprentjie met die bordjie waarop staan R62- niks N9- nerens op jou blog gesien iewers in November verlede jaar – dit het ‘n groot impak op my gehad.
I-like-silly het gesê op September 4, 2012
halloo daar!
lisabeth het gesê op September 4, 2012
Hallo Silly – wat maak jy tien oor twaalf op ‘n Dinsdag op die blogs… en nou laat jy my dink aan ‘n liedjie erens uit my kindertyd wat so iets gaan soos ‘…who told you so? silly silly? ‘ of nee wag, dalk gaan dit …dilly dilly…Ek kan nou nie onthou nie!
Ek-Myself het gesê op September 5, 2012
Ek like!
Ek-Myself het gesê op September 5, 2012
Sien ou Neander, hier loop jy weer voor… 😉
zephur het gesê op Oktober 17, 2012
Net gou ‘n info stukkie oor die blogs. Vandag en môre is al dae wat oor is voordat volgens hulle die groot skuif gaan plaas vind op die 19de Okt9 (so ons moet ‘n marathon blogsessie nou hou).
So as jy die afgelope 6 maande nie iets geblog het nie…gaan post sommer gou iets. Of as jy van bloggers weet wat nie die afgelope tyd gepost het nie…laat hulle weet sodat hul ook op hoogte is van die blog situasie.
Hier onder is die link na Dopper Naomi se post oor die gebeure ivm die blogs
http://blogs.litnet.co.za/dopperjoris/baie-belangrik-gaan-jou-blog-saam-skuif-en-wat-kan-jy-verloor-16-Oct-2012
Tot later
Zeppie
lisa het gesê op Oktober 20, 2012
Dankie Zeppie, weet nie hoeveel jy van ons “veilig oor die rivier” gehelp het nie, maar agv jou eposse is ek ook nou hier!