Kaalvoet oor die Drakensberge
Augustus 30, 2012 in Sonder kategorie
Opgedra aan Susanna Smit (wat ek nooit geken het nie, en ek ook nie wou wees nie)
Eendag het jy vir my gese ek bly daar tussen Niks en Nerens
en ek wonder of iemand ooit die woorde sal lees
wat ek weef wyl ek werskaf voor ‘n Dover stoof
en die wat ek liefhet bedek en toedoek en ophemel
toe sien ek die bordjie staan: R62 Niks N9 Nerens
met ‘n onklaar motor gestrand tussen Heap-of-stones en Betel
word hierdie plek my Getsemane:
in die olyf-pers word my vlees gebreek
en fyngemaal wyl ek uitloop in nuwe openbaring
van Elbetel en die bakermat van my bestaan.
Onlangse kommentare