Profile photo of lisa

by

J. A. Lasarus.

Junie 14, 2012 in Sonder kategorie

In die nag het ek oor jou gestreel, Hopie Bene en Vleis en Drome,

vas aan die slaap en onbewus dat ek met olie onsigbaar jou township hondelyf salf:

Van jou kop oor jou gesig en jou skouers en jou arms en jou bors en jou buik

en jou geslag en jou bene en jou voete en jou kuite en jou boude en jou rug

en jou skouers en jou hoof-

     Dat jy jou kop mag verloor

     Dat jou fonteine sal oopgaan

     Dat die glaswande van jou tombe in duisende stukkie sal skiet

     (Maar jy sal aan die sykant uitkom).

 

 

Hopie Bene en Vleis en Drome,

ek smeer jou in met olies en mirre en gebed

en op ‘n manier le ek my drome af vir joue:

Staan op my Lief! die dag het gebreek,

sodat ek kan sien hoe jou stert kwispel en jou pels blink,

en ek jou waters kan hoor ruis.

30 antwoorde op J. A. Lasarus.

  1. katrina het gesê op Junie 14, 2012

    Pragtig!

  2. jou getoorde woorde laat my stom!

  3. Ek beaam volmondig!

  4. Berwick het gesê op Junie 14, 2012

    Hi Lisa. Goed gedoen.

  5. lisabeth het gesê op Junie 15, 2012

    Hi Berwick, dankie.

  6. lisabeth het gesê op Junie 15, 2012

    Hallo Marja – ek sal van so blou roos hou in die regte lewe – bestaan dit al erens?

  7. lisabeth het gesê op Junie 15, 2012

    Hallo Monica – toe ek jou naam sien kom die ou sprokie van ‘Wanda die feetjie’ by my op, en die woorde “Het jy naalde nodig Juffrou Brei-Brei?” Geniet jou naweek.

  8. lisabeth het gesê op Junie 15, 2012

    Hallo Katrina, baie dankie, van al die baie dinge bly woorde vir my van die lekkerstes!

  9. HeavyHenry het gesê op Junie 15, 2012

    Nice!

  10. Carol460 het gesê op Junie 15, 2012

    Mooi ! Jy het ‘n slag met woorde wat my skoon jaloers maak !

  11. bloukaap het gesê op Junie 15, 2012

    jip, my bek is stomgeslaan

  12. Hi Lisa, sy naam is Arctic Ice ontwikkel deur oom Ludwig –
    herhinner aan die drywende blou icebergs van Patagonia. Gelys as een van die 15 sterkste gegeurde rose. Gehard, ongewoon bosserig groot – 1,5-2m – eis minimum onderhoud.

  13. lisabeth het gesê op Junie 18, 2012

    Whau, dankie. Het dit gaan google op sy webwerf – ek dink dit is my volgende mikpunt, ek wil so een he by die boog wat pienk rosies op het op die oomblik. Dit is vir my ongelooflik mooi omdat dit so ongewoon is!

  14. lisabeth het gesê op Junie 19, 2012

    Hallo Henry :-)!

  15. dinkweer het gesê op Julie 15, 2012

    Hallo Lisa,
    Pragtige verwoording!
    Sedert verlede jaar was ek baie min hier op die blogs. Ek het sommer vanoggend begin blaai om te kyk wie nog hier van die bekendes. Verlede jaar het die lewenspad ‘n onverwagte draai gemaak wat baie dinge vir my verander het. Deur die Here se oorvloedige genade en goedheid, gaan dit nou met my weer goed. So Hy wil, mag ek oor enkele weke weer motor bestuur.

    Groete

    Dinkweer

  16. zephur het gesê op Augustus 1, 2012

    Hallo Lisa hoe gaan dit…

  17. lisabeth het gesê op Augustus 1, 2012

    Hallo Zeppie – dit gaan goed dankie, hoe gaan dit met die Zepsters?

  18. lisabeth het gesê op Augustus 1, 2012

    Hallo DW!
    Kan nie glo dit is al twee weke later nie – en ek antwoord nou eers! Sal graag wil hoor watter draaie die lewe met jou gemaak het – stuur vir my na lisa@langkloof.net, as jy wil. My blog-tyd is self bitter min deesdae – so lekker om van die ou bloggers steeds hier te kry…tyd vir nuwe leesavonture kry ek nie! Groete Lisa

  19. lisabeth het gesê op Augustus 1, 2012

    Hmmm…daai bek mag nie stom wees ooit nie!

  20. lisabeth het gesê op Augustus 1, 2012

    Hallo Caro – wanneer die woorde soms reg uitwerk is dit baie lekker – maar dit is maar baie soms!

  21. zephur het gesê op Augustus 1, 2012

    Great

    Ek probeer mos maar altyd happy chappy wees…

  22. lisabeth het gesê op Augustus 1, 2012

    Ek is nie hier om blogs te lees nie – die inhokkie le en wag vir my. Ek is net hier om vir DW en Zeppie te antwoord, so ek gaan nie op jou blog kyk nie – jy moet sommer self se hoe dit met die honde se ma-en-‘n-bietjie gaan?

  23. lisabeth het gesê op Augustus 1, 2012

    Hmmm….toe ek ‘n nuwe blogger was en dit glad nie kon regkry om in die bekgevegte neutraal te bly nie (hoewel ek nooit deelgeneem het nie, het ek in my hart en kop deelgeneem), het ek my altyd verwonder aan die Zeppie ou wat te midde van ‘n snikheet debat altyd ‘n ding kon ingooi wat genuine neutraal oorkom en mens laat smaail. So hoop daai chappie is werklik happy!

  24. zephur het gesê op Augustus 1, 2012

    Ek haat daai bekgevegte…dit breek af en maak dood.

    Dit maak die blog gemeenskap wat eens hier baie nice was stukkend. Maar nie als is verlore nie…

    Ja ek probeer maar neutraal wees en vrede saai

    Ek is content…ek wil meer bou op wat ek kan bereik en minder afbreek wat ek het…jip ek is happy

  25. lisabeth het gesê op Augustus 1, 2012

    :-)Goood!

  26. zephur het gesê op Augustus 1, 2012

    Nou as jy weer bietjie tyd het blog bietjie…weet net so 2 woorde of so

  27. dinkweer het gesê op Augustus 8, 2012

    Hallo Lisa,

    Ek het vir jou geskryf na die adres, maar die brief het teruggekom as onafgelewer. Dalk lees ek die adres verkeerd.

    Groete
    DW

  28. lisabeth het gesê op Augustus 8, 2012

    Hallo DW,

    Ek het dit pas ontvang – dink dit het maar net iewers vasgesneeu en kon nou eers deurkom!

  29. TS het gesê op Augustus 11, 2012

    Jy is stil?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.