Profile photo of lisa

by

Piekniek op die groen gras.

Mei 15, 2012 in Sonder kategorie

 

jou bruin lollielyfie met die bekkie rondom vol soet

kaal voetjies en boudjies wat ruik na a

handjies wat beduie en beentjies wat flikflak

armpies wat om my nek my wurg en vra dat ek jou moet ba

wyl ons kolwyntjies eet en speel en woel op en onder my kombers –

peek-a-boo en waar’s jy en daar’s jy kielie ek jou magie en luister hoe jy kraai

(onsigbaar verhul in Hom en onder die radar

haal ek jou en julle en hulle profeties uit met my kombers

wat julle toedek en my mantel word van gesag

en op Sy Woord se my woord: Release!

en hy moet gee dit wat ek eis, en laat los in volbronge finaliteit)

wyl ons speel en bollemakiesie slaan en wawiele maak tot

julle opkots van die soet sjokolade versiersel en ek moet sluk aan die liefhe

wat a en b en c en ander dinge insluit wat onverfyn en aards is

maar Goddelik in Sy natuur

19 antwoorde op Piekniek op die groen gras.

  1. pasella het gesê op Mei 15, 2012

    lekker holderste bolder getuimel!

  2. HeavyHenry het gesê op Mei 15, 2012

    🙂

  3. shlwanjan het gesê op Mei 15, 2012

    sjoe! Ja. As ons kan leer om die b en die c te vat saam met die a….
    *****

  4. loudavisi het gesê op Mei 15, 2012

    Ek het so ‘n bietjie van dié gehad vanmiddag…die uit die maag uit lag en rol en gil met die hond op die gras.
    Hoekom word hulle tog groot?

  5. monicahaddad het gesê op Mei 15, 2012

    Baie mooi skrywe…..

  6. lisabeth het gesê op Mei 15, 2012

    Hi Monica, dankie!

  7. lisabeth het gesê op Mei 15, 2012

    Hallo Lou! Hoe oud is Ezra nou al – ek het tred verloor?

  8. lisabeth het gesê op Mei 15, 2012

    Haha – my sisteem het nogal ‘n skok gehad met die taalgebruik, maar ek het gou besef ek kan nie voorwaardes stel as ek se ek gee om nie!

  9. lisabeth het gesê op Mei 15, 2012

    Naandse Henry, gaan dit goed? Ek het nie geweet jy is ‘n blommeliefhebber nie – kan nie die naam van die plant wat jy vir die Duitser geneem het uitspreek nie – is dit ‘n soort orgidee?

  10. lisabeth het gesê op Mei 15, 2012

    Hallo Lewies – ek is net dankbaar dat daar nie ernstige gevolge was nie – ek vaar nie so goed met daardie afdeling van die lewe nie, ek word self naar!

  11. loudavisi het gesê op Mei 16, 2012

    2 jaar en 6 en ‘n half maande. Die beste ouderdom ooit (sover) Die kommunikasie tussen ons – hy wat alles verstaan wat ek se en ek wat probeer verstaan wat hy beduie en brabbel..:D

  12. lisabeth het gesê op Mei 16, 2012

    Genugtig! Ek onthou dan nog toe jy geskryf het oor die baba! Kan dit al so lank wees? Geniet geniet geniet geniet!!

  13. lisabeth het gesê op Mei 16, 2012

    Haha, nee wat jong, ek is bang as ek nou wawiel sit alles nie weer waar dit hoort as ek land nie – erg genog om hulle so te sien tuimel!

  14. HeavyHenry het gesê op Mei 16, 2012

    Ja dis een van vele – my vennoot groei van die wat maklik is en die plant virrie Duitser was eintlik sy idee – ek is ‘n roes oppie goed. En die een is maklik om uit te spreek:

    Den-drou-bie-uhm

    As mens eers deurmekaar raak met die goed wat in kweekhuise gegroei word is daar ‘n oorweldigende magdom van name en soorte en goete en groeistyle en dinge – heel te veel om te onthou as jy nie ‘n bietjie cuckoo is nie!

    🙂

  15. lisabeth het gesê op Mei 16, 2012

    In daardie geval is ek sane … ek sit noun al onderstebo koeldrankbotteltjies vol water in ons potplante – dit lyk terrible maar minstens floreer die plante! Ek vertgeet om die liewe goed water te gee!

  16. HeavyHenry het gesê op Mei 16, 2012

    🙂

  17. Losbek het gesê op Mei 16, 2012

    Goed geskryf !

  18. Berwick het gesê op Mei 16, 2012

    Hi Lisa.

  19. lisabeth het gesê op Mei 17, 2012

    Hi Berwick.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.