Profile photo of lisa

by

The case of the missing sock(s).

April 17, 2012 in Sonder kategorie

Die misterie rondom die verdwyning van die Lisa-huishouding se sokkies is steeds onopgelos. Na ‘n onderhoud met die huishoudster en die wasmasjien is ‘n nuwe reeks vraagstukke ontketen.

  • ·         Is daar ‘n verband tussen evolusie en die sokkies?
  • ·         As ‘n slangkopvis op droe grond kan beweeg, en selfs ‘n koelhouer se deksel kan afgooi in ‘n poging om te ontsnap, sou dit ook moontlik wees vir ‘n sokkie om uit ‘n tuimeldroer of wasmasjien te ontsnap, en hoe ver kan so ‘n sokkie sonder sy maat beweeg?
  • ·         Indien die sokkie wel ontsnap het gedurende die wasproses, waarom is daar geen aanduiding op die forensiese verslae van seperige water op die vloer van die waskamer nie?
  • ·         Indien die sokkie gedurende die tuimelproses ontsnap het waar sou dit skuilhou tot die honde slaap? Is dit dalk ‘n geval dat die sokkie die honde gemesmeraais het om sodoende ongeskonde te ontsnap, of is hier sprake van ‘n baie groter ondergrondse beweging wat saamwerk?

 

Polisie hoop dat hulle op die punt staan om ‘n hele netwerk oop te vlek, en die moontlikheid dat die honde betrokke is , of selfs die wasmasjien self, is nie uitgesluit nie.

In ‘n ontstellende artikel in vandag se koerant word daar deur ‘n wetenskaplike gewaarsku dat navorsers hulle nie moet blind staar teen die forensiese verslae wat aandui dat daar geen spoor van seep of water op die vloer voor die wasmasjien gekry is nie, en dat die moontlikheid dat die sokkie(s) luglangs kon ontsnap nie uitgelaat moet word nie. Hy verwys in die artikel na die feit dat slangkopvisse ook hulle vinne vir loop kan gebruik, en dat sokkies wat normaalweg loop, ook dus sou kon aanpas om te vlieg.

In ‘n ander artikel word breedvoering dekking gegee aan die beplande landswye protesaksie deur aktiviste wat ondersoekers probeer verhoed om die onbetrokke honde aan ‘n reeks toetse te onderwerp om te bepaal waarom, indien dit ‘n geval van ontsnapping uit die wasmasjien of tuimeldroeer is, die honde in geen aaangemelde geval ooit alarm gemaak het nie.

Wat my egter dronkslaan, is die feit dat Darwin op sy sterfbed in diepe rou erken het dat hy die wereld mislei het, omdat hyself mislei was op 23jarige leeftyd, en dat die res van sy lewe nie lank genoeg was om die storm wat hy gebaar het, te stuit nie.

Wat, vra ek jou, wat word dan van die sokkies?

 

20 antwoorde op The case of the missing sock(s).

  1. Die suburbs bende slaan toe !

  2. dalk is die honde die ontsnappings voertuig, iets soos Jona en die Walvis…..

  3. tigresscap het gesê op April 17, 2012

    Ek het ‘n kleintjie dood aan sulke verlore sokkies.

  4. HeavyHenry het gesê op April 17, 2012

    Hulle skuif in ‘n ander dimensie in – mens sien hulle nooit weer nie!

  5. pienkvolla het gesê op April 17, 2012

    HAHAHA – Ek dink almal kan relate met hierdie stukkie!!!

  6. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Ha! Ek gaan by die mafia aansluit.

  7. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Hehe – jy is snaaks!

  8. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Ek het vir jou ‘n sak vol eenvoetige pare!

  9. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Jy is soooo reg!! Dis presies wat gebeur!

  10. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Dis onverklaarbaar! En baie frustrerend!

  11. frandr het gesê op April 17, 2012

    Die Sokkiemonster woon in die waskamer se muur, dis hy wat sorgvuldig een van ‘n paar vaslê :0)

  12. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Wat doen hy met al die enkele sokkies??

  13. frandr het gesê op April 18, 2012

    Hy vreet hulle op dat die spoeg so spat. Hy het ook ‘n sussie: die Haarknippiemonster, sy’s ‘n tawwe een.

  14. lisabeth het gesê op April 18, 2012

    Haha – ja veral die gripps!

  15. Ek-Myself het gesê op April 18, 2012

    Ek lag nou lekker vir hierdie, in my huis is ook sulke monsters!

  16. HeavyHenry het gesê op April 18, 2012

    Jip – skoonveld!

  17. lisabeth het gesê op April 18, 2012

    Ek gaan die A-team bel en vir tannie Evita! Hulle sal die besigheid vir ons uitsort…

  18. loudavisi het gesê op April 20, 2012

    Ek weet wraggies nie, Lisa.

    Wat ek wel weet is wat jy met die oorblywende een kan doen.

    Lekker om oor die hand te trek en meubels te polish..
    Handskoenpoppe: trek oor houtlepel en versier met gesiggies.

    As jy nog wil weet, sal ek hard moet dink

    😀

  19. Balans het gesê op Mei 13, 2012

    As ‘n mens ‘n oop vraag vra, kry jy oop antworde.
    Lekker gelees.
    Geniet die dag

  20. lisabeth het gesê op Mei 15, 2012

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.