Profile photo of lisa

by

a time consuming job

April 4, 2012 in Sonder kategorie

Dit het vanogend weer met my gebeur. Ek word wakker van my selfoonwekker. Sien die rooi liggie flikker. Korrel met een oog om die boodskap te lees. Word wakkerder. Antwoord die sms, lees die nuutste bbm, scan deur die facebook notifications, vinnig ‘n draai op twitter vir news 24 update. Nog wakkerder. Laai e-posse af. Nugter wakker en ontevrede. Geen vrede. Wonder waar ek kan kliek om God se update te kry. (Ek kan met Snotkop gesels as ek wil. Ek sien Steve Hofmeyer antwoord min of meer alles en almal).

 

Ek wil kliek. Op my selfoon. En dan wil ek daar wees – ingelog, en aanlyn: ek se Hy se ek se Hy se en so aan tot ons klaar gepraat het.   Hy gaan dan seker op ‘n multi-dimensionele vlak aan en ek begin my dag op aarde. Maar ons het gePRAAT.

 

Hierdie frustrasie-versugting-behoefte-dingerige-iets steek sy kop al meer uit. Ek wil met Hom praat en ek wil Hom hoor antwoord. Ek sit soms voor my rekenaar en wonder watter knoppie ek moet druk om kontak te maak…

 

Simpel ne.

 

Sisi word nou te oud vir volweek werk. So ek het vanaand my eie yskas skoongemaak van hoek tot kant. Jiggie. Ek weet nie of dit so goeie ding is nie – ek gaan dit nou elke kort-kort wil doen. Time consuming job – ek voel sommer hoe kom die neurose aangejaag oor die vlakte – daai goetertjies wat ek uitgevee het uit die hoekies en gaatjies wil ek nie onder ‘n mikroskoop sien nie. It is better to know not.

 

But what I do know is this:

 

Ek het gisteraand mnrLisa se skouer papnat gehuil toe ons A Night’s Tale kyk. Oor die pa wat sy seuntjie so wragtag wegstuur om sy sterre te gaan verander. Dis vir my so sad ek weet nie hoe ek dit het nie, want hy stuur hom weg sonder enige waarborg. Ek hoop maar hy het geweet alles sal regkom. Ek hoop dis daai stuk geloof sonder getekende waarborg of bevestiging in triplikaat.   Hulle lag vir my, en mnrLisa maak vir my rooibostee. Die seuns se ek moenie worry nie niemand gaan dood in die storie nie, en die dogters se dis nie eers wreed nie, maar hulle sal se as ek moet wegkyk.

 

Ek weet dis oor die vakansie amper verby is, en ek not te donner weet hoe ek weer koebaai gaan se vir die kinders nie. Vir ‘n beter lewe vir hulle. Op die ander dorp.   Nou’t ons drie huise. Ons huis-huis. Ons huis by die see waaraan ons nogsteeds bou. En ons huis op die dorp waar die kinders in die koshuis is. Party weke pak ek nie eers ons tasse uit nie, gooi net nog onderklere in vir ingeval en gryp die selfoonlaaiers. Ek weet nie meer waar al my goed is nie. En ek worry ook nie eintlik meer nie. Die belangrike dinge het erg onbelangrik geword, sodat ek wonder hoe de joos ek ooit gedink het die tafeldoek en die oorbelle het enigsins iets met enige iets uit te waai.

 

Die yskas is gefieks, maar niks is gefieks nie. Ek het ons gesin nog nooit so geniet nie. Ek het nog nooit so erg geweet hoe tyd verby gaan nie. Ek het nog nooit so baie gelag vir hierdie 5 mense wat stukke van my is en tog so heeltemal hulle eie mense is nie. Ek het nog nooit so erg behoefte gehad om God te face nie.

 

En die flippen baie woorde op die KKNK krap my net nog meer om. Almal sing oor iets. Net mooi niemand sing oor niks nie (behalwe dalk Wikus vd Merwe wat soos ‘n lafenis was, maar toe eindig hy sy show met “Nag ou Grote”, en stuur so sy betekenislose woorde ook in hulle peetjie in. Want nou wonner ek of hy sy pa gegroet het of sy Pa of dalk sy pal wat dood is die naweek).

 

Ek haaat ‘n skakelbord spyskaart, maar dit sal so lekker wees om te hoor:

Vir God druk een…

34 antwoorde op a time consuming job

  1. prioriteite wat verskuif! Familie-tyd is kosbaar.

  2. DallaSePa het gesê op April 5, 2012

    Diep … Baie Diep … !
    Ek deel so jou siening … My kinders is nog baie klein (jonk) … Tog het ek die laaste week soortgelyke gedagtes.

    Beter as PUIK … UITSTEKEND

  3. loudavisi het gesê op April 5, 2012

    Ons moet laat los – die kuikens moet leer vlieg.
    (Sê ek wat nog myne onder my vlerke kan indruk as dit nodig is)

    xxx

  4. TS het gesê op April 5, 2012

    Ai hier lees ek altyd lekker.
    Hoop jy het ‘n wonderlike vervulde naweek

  5. pienkvolla het gesê op April 5, 2012

    Stunning stuk! Het baie lekker gelees.

    Lekker naweek vir julle.

  6. HeavyHenry het gesê op April 5, 2012

    Nice!

    Hou van daai yskas storie – het eenkeer gelees:

    “until some weeks later, when, with a great lightening of spirit, you throw it out, along with all its furry friends”

    🙂

  7. lisabeth het gesê op April 5, 2012

    Furry indeed!!

  8. HeavyHenry het gesê op April 5, 2012

    🙂

  9. Nou baie lekker gelees…..was presies net daar waar jy nou is, maar nou is hulle grootmense en ek het sedertdien uitgevind hoe maklik dit is om ‘n lyn te kry, baie makliker as wat mens verwag, en daar lê die ding…..

  10. zephur het gesê op April 5, 2012

    Die BBM na God is so vinnig soos ‘n gedagte en so maklik soos oogknip…dan hoop ‘n mens net dat daar goeie opvangs is…en nie almal op dieselfde tyd ‘n gedagte het van oogknip nie.

    Lekker Paasfees

  11. As ek gaan slaap, skakel ek die selfoon affffff!!!!

  12. avega het gesê op April 6, 2012

    Geniet elke oomblik met jou familie die tyd gaan so vinnig…

  13. deonleroux het gesê op April 8, 2012

    Al daardie funksies op die nuutste selfone is by my soos perels voor varke. Myne word gebruik om te bel en sms. Snags is dit afgeskakel.

  14. Madhatter het gesê op April 11, 2012

    Mooi stukkie. Dankie.

  15. shlwanjan het gesê op April 12, 2012

    yskas skoonmaak is erg terapeuties. Or not.
    *****

  16. erikavz het gesê op April 16, 2012

    Dit is moeilik as jy jou kinders moet laat gaan. My nes is baie leeg

  17. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Dit word al kosbaarde Roosdoring – omdat ons so min daarvan het!

  18. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Hi DSP! Het jy al Meiringspoort deurgery?

  19. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Ag Lou, joune is bevoorreg om so naby te wees! My ouers is 1400km van my af!

  20. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Dankie Tina!

  21. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Dankie pv.

  22. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    …. dis ‘n groot ding vir my.

  23. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    🙂 Hi Zeppie.

  24. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Ek is te bang die kinders bel ind ie middel van die nag!

  25. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Dankie Vega.

  26. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Hehe – my vorige foon sou ‘n missielaanval in Rusland kon organiseer, maar bel kon hy nie!

  27. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    🙂

  28. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Halli Klari.

  29. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Moeiliker as wat ek ooit verwag het! Maar ons is alweer in die roetine, en solank dit goed gaan met hulle gaan di goed met my!

  30. lisabeth het gesê op April 17, 2012

    Ek aanvar Hy luister, en wil terug hoor, ek wil dit real he! Danie vir jou antwoord!

  31. DallaSePa het gesê op April 17, 2012

    Jip … seker DIE mooiste plek in ons land vir my.

  32. As die kinders oud genoeg is om uit te wees, dan is hulle ook oud genoeg om nie te bel nie.

  33. lisabeth het gesê op April 18, 2012

    Nee man Rooikat – hulle is in die koshuis en nog piepklein!

  34. Hulle is te jonk vir selfone.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.