Jy blaai in die argief vir 2012 April.

Profile photo of lisa

by lisa

The case of the missing sock(s).

April 17, 2012 in Sonder kategorie

Die misterie rondom die verdwyning van die Lisa-huishouding se sokkies is steeds onopgelos. Na ‘n onderhoud met die huishoudster en die wasmasjien is ‘n nuwe reeks vraagstukke ontketen.

  • ·         Is daar ‘n verband tussen evolusie en die sokkies?
  • ·         As ‘n slangkopvis op droe grond kan beweeg, en selfs ‘n koelhouer se deksel kan afgooi in ‘n poging om te ontsnap, sou dit ook moontlik wees vir ‘n sokkie om uit ‘n tuimeldroer of wasmasjien te ontsnap, en hoe ver kan so ‘n sokkie sonder sy maat beweeg?
  • ·         Indien die sokkie wel ontsnap het gedurende die wasproses, waarom is daar geen aanduiding op die forensiese verslae van seperige water op die vloer van die waskamer nie?
  • ·         Indien die sokkie gedurende die tuimelproses ontsnap het waar sou dit skuilhou tot die honde slaap? Is dit dalk ‘n geval dat die sokkie die honde gemesmeraais het om sodoende ongeskonde te ontsnap, of is hier sprake van ‘n baie groter ondergrondse beweging wat saamwerk?

 

Polisie hoop dat hulle op die punt staan om ‘n hele netwerk oop te vlek, en die moontlikheid dat die honde betrokke is , of selfs die wasmasjien self, is nie uitgesluit nie.

In ‘n ontstellende artikel in vandag se koerant word daar deur ‘n wetenskaplike gewaarsku dat navorsers hulle nie moet blind staar teen die forensiese verslae wat aandui dat daar geen spoor van seep of water op die vloer voor die wasmasjien gekry is nie, en dat die moontlikheid dat die sokkie(s) luglangs kon ontsnap nie uitgelaat moet word nie. Hy verwys in die artikel na die feit dat slangkopvisse ook hulle vinne vir loop kan gebruik, en dat sokkies wat normaalweg loop, ook dus sou kon aanpas om te vlieg.

In ‘n ander artikel word breedvoering dekking gegee aan die beplande landswye protesaksie deur aktiviste wat ondersoekers probeer verhoed om die onbetrokke honde aan ‘n reeks toetse te onderwerp om te bepaal waarom, indien dit ‘n geval van ontsnapping uit die wasmasjien of tuimeldroeer is, die honde in geen aaangemelde geval ooit alarm gemaak het nie.

Wat my egter dronkslaan, is die feit dat Darwin op sy sterfbed in diepe rou erken het dat hy die wereld mislei het, omdat hyself mislei was op 23jarige leeftyd, en dat die res van sy lewe nie lank genoeg was om die storm wat hy gebaar het, te stuit nie.

Wat, vra ek jou, wat word dan van die sokkies?

 

Profile photo of lisa

by lisa

a time consuming job

April 4, 2012 in Sonder kategorie

Dit het vanogend weer met my gebeur. Ek word wakker van my selfoonwekker. Sien die rooi liggie flikker. Korrel met een oog om die boodskap te lees. Word wakkerder. Antwoord die sms, lees die nuutste bbm, scan deur die facebook notifications, vinnig ‘n draai op twitter vir news 24 update. Nog wakkerder. Laai e-posse af. Nugter wakker en ontevrede. Geen vrede. Wonder waar ek kan kliek om God se update te kry. (Ek kan met Snotkop gesels as ek wil. Ek sien Steve Hofmeyer antwoord min of meer alles en almal).

 

Ek wil kliek. Op my selfoon. En dan wil ek daar wees – ingelog, en aanlyn: ek se Hy se ek se Hy se en so aan tot ons klaar gepraat het.   Hy gaan dan seker op ‘n multi-dimensionele vlak aan en ek begin my dag op aarde. Maar ons het gePRAAT.

 

Hierdie frustrasie-versugting-behoefte-dingerige-iets steek sy kop al meer uit. Ek wil met Hom praat en ek wil Hom hoor antwoord. Ek sit soms voor my rekenaar en wonder watter knoppie ek moet druk om kontak te maak…

 

Simpel ne.

 

Sisi word nou te oud vir volweek werk. So ek het vanaand my eie yskas skoongemaak van hoek tot kant. Jiggie. Ek weet nie of dit so goeie ding is nie – ek gaan dit nou elke kort-kort wil doen. Time consuming job – ek voel sommer hoe kom die neurose aangejaag oor die vlakte – daai goetertjies wat ek uitgevee het uit die hoekies en gaatjies wil ek nie onder ‘n mikroskoop sien nie. It is better to know not.

 

But what I do know is this:

 

Ek het gisteraand mnrLisa se skouer papnat gehuil toe ons A Night’s Tale kyk. Oor die pa wat sy seuntjie so wragtag wegstuur om sy sterre te gaan verander. Dis vir my so sad ek weet nie hoe ek dit het nie, want hy stuur hom weg sonder enige waarborg. Ek hoop maar hy het geweet alles sal regkom. Ek hoop dis daai stuk geloof sonder getekende waarborg of bevestiging in triplikaat.   Hulle lag vir my, en mnrLisa maak vir my rooibostee. Die seuns se ek moenie worry nie niemand gaan dood in die storie nie, en die dogters se dis nie eers wreed nie, maar hulle sal se as ek moet wegkyk.

 

Ek weet dis oor die vakansie amper verby is, en ek not te donner weet hoe ek weer koebaai gaan se vir die kinders nie. Vir ‘n beter lewe vir hulle. Op die ander dorp.   Nou’t ons drie huise. Ons huis-huis. Ons huis by die see waaraan ons nogsteeds bou. En ons huis op die dorp waar die kinders in die koshuis is. Party weke pak ek nie eers ons tasse uit nie, gooi net nog onderklere in vir ingeval en gryp die selfoonlaaiers. Ek weet nie meer waar al my goed is nie. En ek worry ook nie eintlik meer nie. Die belangrike dinge het erg onbelangrik geword, sodat ek wonder hoe de joos ek ooit gedink het die tafeldoek en die oorbelle het enigsins iets met enige iets uit te waai.

 

Die yskas is gefieks, maar niks is gefieks nie. Ek het ons gesin nog nooit so geniet nie. Ek het nog nooit so erg geweet hoe tyd verby gaan nie. Ek het nog nooit so baie gelag vir hierdie 5 mense wat stukke van my is en tog so heeltemal hulle eie mense is nie. Ek het nog nooit so erg behoefte gehad om God te face nie.

 

En die flippen baie woorde op die KKNK krap my net nog meer om. Almal sing oor iets. Net mooi niemand sing oor niks nie (behalwe dalk Wikus vd Merwe wat soos ‘n lafenis was, maar toe eindig hy sy show met “Nag ou Grote”, en stuur so sy betekenislose woorde ook in hulle peetjie in. Want nou wonner ek of hy sy pa gegroet het of sy Pa of dalk sy pal wat dood is die naweek).

 

Ek haaat ‘n skakelbord spyskaart, maar dit sal so lekker wees om te hoor:

Vir God druk een…

Profile photo of lisa

by lisa