Profile photo of lisa

by

Spore.

Oktober 20, 2011 in Sonder kategorie

Ek sukkel nog om gisteraand om te sit in woorde…

Ek voel of ek  dans, heeltemal alleen in ‘n balsaal met ‘n houtvloer. Ek het wasige klere aan wat sag en beweeglik saam met my draai en swaai, en my oe is toe, want ek ervaar.

En dis op die oomblik die naaste wat ek daaraan kan kom om te prober se dit voel of Lewe en Lig en Sagtheid en Sekerheid en Vryheid gelyk deur my spoel.

Ek wens ek kon die aand met julle deel.  Dit was woorde en dit was lewe en dit was wonderlik.

11 antwoorde op Spore.

  1. TS het gesê op Oktober 20, 2011

    Ek is bly vir jou…

  2. Klink amazing!

  3. I love it when a plan comes together 🙂

  4. moes gaan loer by gister se inskrywing om geheelbeeld te kry. Wow, wat ‘n belewenis

  5. dinkweer het gesê op Oktober 21, 2011

    Hallo Lisa,

    Bly om te sien jy is nog hier. Die afgelope maande kom ek nie by dioe blog uit nie.

  6. lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011

    Hallo Monica – dit was regtig ‘n belewenis op meer as een vlak! Ons kan poesie lees en ontleed van buite af soveel ons wil, maar om die digter aan die woord te he is die ware jakop! Dit was sooo lekker!!

  7. lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011

    Hallo Rosie – dit was werklik heerlik lieflik wonderlik lekker!! My woorde-hart klop tjoklits!

  8. lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011

    More DW! NEe, ek is ook nie hier nie. Het Woensdagaand leeskring met Tom Gouws bygewoon, en kon nie anders as om net gou hier te kom vertel nie – die ouens wat hom al beleef het sal verstaan – dit was wonderlik!

    Hoop dit gaan goed met jou?

  9. lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011

    Sien jy my bree glimlag?

  10. lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011

    Dankie Tina – as jy ooit die geleentheid het om ‘n poesie-aand / leeskring met hom by te woon GAAN – dit was werklik ‘n lieflike belewenis!

  11. lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011

    Hallo Afrikakind – baie dankie – dit is heerlik as mens se verskillende liefdes (woorde en mense) op een aand in sy mooiste vorm saamkom. Ek voel regtig heerlik bederf!

Los ’n antwoord vir lisabeth. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.