Profile photo of lisa

by

Maak gou….!

Oktober 19, 2011 in Sonder kategorie

  1. Bestel hoenderboudjies by KFC
  2. Kry neute by Fruit en Veg, en sommer die drop ook
  3. Sit solank die ketel aan vir rooibostee / koffie in die warmfles
  4. Gryp cd houer in die verbygaan
  5. Selfoonlaaier en GPS
  6. Los die gekookte eiers
  7. Bring ‘n warm-ding – is koud hier vandag
  8. Soen die kinders en groet die oumas wat na hulle gaan omsien

Ry dadelik. Hou suid as jy van die noorde kom en oos as jy van die weste kom en wes as jy van die ooste kom, ons is op die grens.  Soek die Langkloof op jou GPS en laat waai. 

Tom Gouws bespreek Ligloop vanaand by ons – hier by mui (dank aan Anha vir die uitspraak).

En ek kannie meer verder werk nie, en ek wil ook nie, ek wil kuier kuier kuier.  Kom julle ook toe! 

13 antwoorde op Maak gou….!

  1. TS het gesê op Oktober 19, 2011

    Lekker om jou te sien

  2. OK ek moet net eers gou deur die dorp ry en soek vir ‘n te-lene gps

  3. lisabeth het gesê op Oktober 19, 2011

    Ja, ja, ja! Jy bly naby genoeg om dit nog te maak! Los die GPS ek sal sommer verduidelik!

  4. Berwick het gesê op Oktober 19, 2011

    Lekker kuier.

  5. Jy het ook al die lekker in die lewe!
    😀

    Geniet met oorgawe

  6. zephur het gesê op Oktober 19, 2011

    Geniet dit Lisa

  7. bloukaap het gesê op Oktober 20, 2011

    enjoy

  8. lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011

    Hi Pruim – ek het ek het ek het!!!!! Ek het eenkeer vir jou gevra na die stories agter jou woorde – het Woensdag een hele aand lank die geleentheid gehad om die mens agter die woorde te beleef – dit was heerlik lieflik lekker lekker lekker!! Ek weet nie hoe liefdes aanmekaar geweef word nie, maar woorde woorde woorde is iewers in my DNA!

  9. lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011

    Dankie Zepster – ek het my gate uit geniet! Dit was heerlik!

  10. lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011

    Oe Lou – ek het dit geniet, met oorgawe!

  11. lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011

    Hi Berwick – ek sou misterieuse fotos vir jou kon neem – as dit net moontlik was om belewing in beeld om te sit. Die kerslig, die lamplig, die gedigte wat getoonset is in die agtergrond, vars groente met suurroom doopsous, en wyn, en kirche (hoe spel mens kiesch?) met aspersies en spinasie, en samesyn, en woorde, en iets wat almaal saambind en saamsleep en speel met jou sinne soos die lig teen die mure. Sou jy dit kon afneem?

  12. lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011

    Dit was HEERLIK!!

  13. lisabeth het gesê op Oktober 22, 2011

    Hi Tina!

Los ’n antwoord vir bloukaap. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.