Profile photo of lisa

by

Langsamerhand het ek gevorder.

Maart 28, 2011 in Sonder kategorie

Liewe Litnet Bloggers (en B(l)oggers),

 

Ek het eintlik ‘n reel wat se ek mag nie ernstige gesprekke na elf in die aand voer nie, want ek is dan meer kwesbaar en minder rasioneel. En ook nie te ernstige besluite neem tussen middernag en son-op nie, om dieselfde rede. Hierdie gesprek met julle is dus ‘n uitsondering. ‘n Belangrike een. Want as die son opkom, gaan ek die besluit uitstel.

 

Ek is besig om belangrike dinge in my lewe af te skeep, weens ‘n gebrek aan tyd (en wilskrag). En vanaand, terwyl almal vir wie ek so lief is om my le en slaap, weet ek weer helder wat regtig belangrik is. Blog is nie onbelangrik nie. Hierdie tyd wat ek geblog het was ‘n belangrike seisoen in my lewe. Baie meer as wat julle ooit sal weet.   En wat ek by julle kon lees en leer het vir my baie baie beteken. Al het ons nooit ontmoet nie, was julle ‘n beduidende deel van my dae en weke, en het ek geheg geraak aan so baie van julle.  As ek julle name so in my kop deurloop het ek iets te se vir elkeen, so vir oulaas.

 

Uit my hart uit dankie dat ek kon deelwees. Dat ek kon saam gesels en terg en lag en sidder!! Ek gaan julle verskriklik mis. (Heel meeste die pittige kommentaar).  Op my bedkassie hoop die leeswerk op. Oudste het al verlede jaar vir my ‘n boek gegee met die versoek “Lees dit ‘seblief Mamma, dat ons daaroor kan gesels.” “Wild at heart” wat ek wil lees twv die manne le al ‘n jaar. My leeskring boeke “google” ek deesdae, en lees net die resensies en opsommings. My stilwordtye raak minder, en my internettyd meer. Ek sukkel om my vriendskapsverhoudinge ordentlik in stand te hou, my werk word by die dag meer veeleisend en in ons persoonlike lewe staan ons voor n uitdaging wat meer as my verdeelde aandag vereis.  

 

Ek weet nie aldag of ek vir die lewe gebou is nie. Ek voel te veel en te intens. Maar ek weet ook ek wil dit nie misloop nie.

 

Wat geloof betref, ek kan God se bestaan nie ontken nie. Hoe woes en wild my gevoelens oor die kerk en mense ookal is. Ek weet dat ek weet dat ek weet dat Hy bestaan. En as ek vir julle dankie se vir tydjie hier op Litnet se ek vir Hom ook dankie, vir hierdie reis.

 

Vir party van julle wil ek se “Pas jou mooi op”, vir party Sterkte met jou reis”, vir party wil ek ‘n drukkie gee en vir ander wil ek net in die oe kyk met ‘n warm handdruk. Vir party wil ek se, ek stem hoegenaamd nie met jou saam nie, maar mag dit met jou goedgaan.

 

Nogmaals dankie vir julle.          

Lisa.

 

NS. Dit voel vrek erg om julle nie een-een te groet nie. Pas julle op!!!!

18 antwoorde op Langsamerhand het ek gevorder.

  1. Nou Lisa? Wa’ ga’ jy heen? Ek hoor jou groet maar wil darem weet. Ve’tel my asb.

  2. Hallo Lisa.Gaan doen jou ding en maak weer tyd om later terug te kom. Ons gaan jou mis so kom lees so nou en dan.

  3. loudavisi het gesê op Maart 28, 2011

    Duidelik het jy nie by jou eie reels gehou nie. Wag tot die son uit is, en dink tot dan nog bietjie, asb.

    Pragtige afskeidswoorde, liewe lisa.
    Ek gaan jou mis.
    xxx

  4. TS het gesê op Maart 28, 2011

    Liewe Lisa ons sal jou mis maar verstaan dat daar ‘n lewe naas die internet gebeur. Hoop jy sal baie gelukkig wees en dankie dat jy my lewe aangeraak het

  5. Maankind2 het gesê op Maart 28, 2011

    XXX

  6. Ai dis ‘n groot verlies, dalk het jy oor ‘n maand opgevang dan is jy weer terug 😉

  7. Berwick het gesê op Maart 28, 2011

    Mooi bly, Lisa.

  8. bloukaap het gesê op Maart 29, 2011

    jy het ‘n besondere en spesiale hart en siel.
    Vrede.

  9. FOXY1975 het gesê op April 6, 2011

    Hi jy, ou mostert na die maal vang uiteindelik ‘n bietjie by jou blog op… Ek verstaan.. alte goed..

    Sterkte daar. Mag daar vir jou tonne sagte, vriendelike lig in die donker tonnels van die lewe skyn wat jou sal help om die regte keuses te maak. Leef en laat leef suster… gee jou siel tyd en die vryheid om asem te haal en hardop te lag.. en bo alles… pas jouself, jou menswees sorgvuldig op!
    xx

  10. dinkweer het gesê op April 6, 2011

    Hoekom begryp ek iets van wat jy skryf…

    Mag jy nie net weet dat Hy bestaan nie, maar dat jou hand in Syne is. Iewers vorentoe wag nie gebeure op jou nie, maar deur die soms digte mis van hierdie lewe wag ‘n Persoon op jou. Mag jy veilig reis…

  11. Trakie het gesê op April 7, 2011

    Goedgaan, Lisa.

  12. pasella het gesê op Junie 5, 2011

    Ek het die heel tyd gevoel ek mis iets hier, en nou eers vind ek uit, dis jy en jou lekker inskrywings en kommentaar.

  13. Ek hoor jy’s terug….

  14. Ek is hier op blitsbesoek – het rekenaarprobleme en kan nie werk tot die IT manne dit uitgesorteer het nie – so ek tjommel heerlik rond! Voel egter baie vreemd – baie nuwe gesigte! Hoop dit gaan nog goed met jou – het nooit van die arme killer weekend poppie gehou nie (soos jy weet) maar skoon bly om haar te sien vandag!

  15. Wel ek hoop die rekenaar ding hou aan dat jy weer iets kan blog – ons mis jou!

  16. Haha! Nou is jy tegelyk vir en teen my! Ek gaan bars om in te haal as die outjie eers weer terug is – al die derde dag dat ek nie regtig veel kan werk nie! Heeeeerlik! Mooi loop.

  17. zephur het gesê op Augustus 18, 2011

    Pas jou mooi op…
    Sterkte met jou reis…
    Lekker lees…

    Ja en as jy weer die mure van jou lewenskamer klaar geverf het en die binnehuisversiering is voltooi…inloer hier is darem nie ‘n sonde nie

    Mag jy net voorspoed beleef vorentoe Lisa

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.