Profile photo of lisa

by

Dood in die lewe.

Maart 14, 2011 in Sonder kategorie

Gister in die kerk gesit en dink ek mis LEWE diep in my siel. 

 

Vandag wakkergeword met ‘n borrelende energie, en die feit betreur dat my grootmenslewe nie ruimte laat  vir baldadigheid nie.  

 

Gedink aan die keer op die strand toe ek jou baldadigheid kortgeknip het ter wille van die omstanders.

 

Die keer op die staproete toe ek en jy bedees moes bly sit terwyl ek die branders en die berg wou omhels.

 

By die konsert toe jy laf en onbehoorlik bly fotos neem het en ek nie meer geweet het hoe om te wees nie.

 

Op die lughawe met die groot koebaai – al was dit net vir ‘n kort tydjie – toe ek so bewus was van almal om my dat my kop geduisel het.

 

En tog dink ek jy het dit. Die LEWE. Jy leef dit en jy gee dit en jy vra dit en jy geniet dit. En ek probeer jou keer. Ter wille van die mense. Ek het gister leeg en droog en stemmig gevoel. En so verlang na jou malse onkonvensionele nabyheid.

 

KOM KUIER dat ek vir rukkie weer kan LEEF!

22 antwoorde op Dood in die lewe.

  1. wesnwew het gesê op Maart 14, 2011

    Hoop jy ervaar en geniet sommer vandag LEWE!!!

  2. Modigliani het gesê op Maart 14, 2011

    Nou toe, laat jy LEWE en elke oomblik geniet!

  3. Maankind2 het gesê op Maart 14, 2011

    Jy praat namens baie mense…

  4. TS het gesê op Maart 14, 2011

    hoor, hoor

  5. shlwanjan het gesê op Maart 14, 2011

    “Die mense”? “Die mense” is te besig om te worry oor wat almal anders van HULLE dink, om iets oor jou en baldadigheid te dink. Stuff “die mense”…

  6. You only live once but if you do it right, once is enough.

  7. bloukaap het gesê op Maart 14, 2011

    om te mag waardeer

  8. Trakie het gesê op Maart 15, 2011

    Jy het darem maar ‘n vermoë om jouself uit te druk. Sonder om dit uit te rek.

  9. shlwanjan het gesê op Maart 17, 2011

    Hey jy…

  10. lisabeth het gesê op Maart 17, 2011

    Hey…

  11. lisabeth het gesê op Maart 17, 2011

    Een van die lekkerste lekkers om te sien hoe my male nou bos gaan en doen wat hulle harte begeer! Geniet!!!

  12. lisabeth het gesê op Maart 17, 2011

    Moenie dink die emosie gaan so gou verby soos die woorde nie – as dit maar het!

  13. lisabeth het gesê op Maart 17, 2011

    Naand Pruim.

  14. lisabeth het gesê op Maart 17, 2011

    🙂 Monica…ek het probleme…groot probleme tussen al die reg’e en verkeerd’e!!

  15. lisabeth het gesê op Maart 17, 2011

    Easier said than done…weet jy dat hierdie gemeenskap op ‘n posseel inpas? Dalk moet ke dit my nuwe motto maak – SDM!

  16. lisabeth het gesê op Maart 17, 2011

    Naand Tina, ek sien jy is ‘n survivor kanidaat!

  17. lisabeth het gesê op Maart 17, 2011

    Hallo Maankind – ek hoop baie mense laat weet wat om te doen aan die saak!

  18. lisabeth het gesê op Maart 17, 2011

    🙂

  19. lisabeth het gesê op Maart 17, 2011

    Ek dink ek moet ‘n wesnwew-gesindheid in my mondering inwerk! En sommer bietjie doen-wat-ek-wil ook!!

  20. lisabeth het gesê op Maart 17, 2011

    Hallo Celia.

  21. lisabeth het gesê op Maart 17, 2011

    Ai Kelly, en ons moenie, ons is bedoel om dit te leef! Dis net dat die lewe tussen-in gekom het!

  22. FOXY1975 het gesê op Maart 18, 2011

    Klink asof ons hier ‘n susters-bond kan stig… wat is dit dat dit altyd vrouens is wat dit oorkom? Is dit ons sin vir verantwoordelikheid en plig wat maak dat ons altyd onsself en ons behoeftes op die agtergrond skuif?
    Die enigste manier wat ek “dit” oorleef is deur musiek te maak.. in daardie oomblikke agter die klawers kan my siel met tye net ‘n bietjie losbreek en asemhaal voordat ek hom vinnig weer terugpluk en myself vinnig weer ‘aanvaarbaar’ maak.. xx

Los ’n antwoord vir TS. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.