Ouuuuud!
Maart 8, 2011 in Sonder kategorie
Ek het, sommer baie skielik, van die baba in die kantoor gevorder tot by oud. Sommer lelik oud. Die jongste toevoeging tot die personeel is 23jaar jonk, en dit, maak my amper ‘n leeftyd ouer as sy.
Ewentewel, dit beteken daar is nuwe prioriteite op die agenda. Ek weet byvoorbeeld nou wie is Jay, en ek weet Bobby van Jaarsveldt gaan pa word. En daar is Vrydae ‘n vibe daar wat die ligte helderder laat skyn, en Maandae…Maandae praat ons maar liewer nie, eers weer Dinsdae.
‘n Vars nuwe briesie wat die ou regime bietjie lug gee. Niks is te moeilik nie, en niks is ‘n probleem nie. Mag haar flyt en ywer hou.
En nou is my fut uit. Tyd om in te kruip en te slaap, sodat ek more weer kan byhou met al die wonderlike nuwe geite en giere wat papierboerdery inhou.
Wonder wat het Steve Hofmeyer gehad vir aandete…
Viva Twitter en Twenty-Three!!
Trakie het gesê op Maart 8, 2011
Lekker slaap!
Berwick het gesê op Maart 8, 2011
Check bietjie wat sê Elizabeth Hurley alles op Twitter.
lisabeth het gesê op Maart 8, 2011
oe oe oe…sy gaan haar sokkie laai regpak…
hehe…wag tot ek more op kantoor so terloops se wat ek nou gelees het…gee nog tips Berwick…dat ek van die oudgeit ontslae kan raak!
lisabeth het gesê op Maart 8, 2011
Ai jai jai…wil jy my se dis NIE die hoogtepunt van jou dag om te weet wat hy tweet nie?
lisabeth het gesê op Maart 8, 2011
Dankie Kelkie, ek stel die slaap nou eers weer uit – te lekker hier op Litnet!
lisabeth het gesê op Maart 8, 2011
Ai!!! Ek wil nie gaan slaap nie, maar ek moet…so sad….
Nag Ekke.
louisna het gesê op Maart 8, 2011
Dan moet jy jou avatar opdateer, want jy lyk kort van dertig. Lekker aand.
verbeeldingsvlug het gesê op Maart 8, 2011
Wat maak jy as jou hele week net Maandag is?
lisabeth het gesê op Maart 8, 2011
Dan is dit maar ‘n flouerige week!
Doubtingthomas het gesê op Maart 9, 2011
Dis darem al Woensdag…
loudavisi het gesê op Maart 9, 2011
Dis waar oor jong nuwe bloed. My twee kinders is naby genoeg en ek word gereeld ge-update! Met klein Ezra ondervind ek dit daagliks.
monicahaddad het gesê op Maart 9, 2011
Jong bloed is aansteeklik 😉
Balans het gesê op Maart 9, 2011
Entoesiasme behoort nie net tot die jeug beperk te word nie …
Geniet die fris nuwe windjie!
bloukaap het gesê op Maart 9, 2011
forever young
lisabeth het gesê op Maart 9, 2011
Ek sou so hoop!!
shlwanjan het gesê op Maart 9, 2011
Een van die dae het Lisa ‘n heeltemal nuwe woordeskat {-;
lisabeth het gesê op Maart 9, 2011
Hehe…se my as jy ‘n verandering opmerk…
lisabeth het gesê op Maart 9, 2011
Jip…Three down two to go!
lisabeth het gesê op Maart 9, 2011
Ek geniet dit ook. Eintlik vrek erg as mens besef jy besef nie wanneer jy in ‘n groef begin beweeg nie…heerlik om ‘n nuwe uitkyk op ou dinge te he!
lisabeth het gesê op Maart 9, 2011
Haha…kom ons kyk of ek een van die dae met rokkies en hoe hakke by die kantoor opdaag.
lisabeth het gesê op Maart 9, 2011
Nee…maar die mooi van ongeskonde wees is die naiewe entoesiasme…dis nie ‘n berekende skuif nie, dis amper soos ‘n gelowige skuif!
lisabeth het gesê op Maart 9, 2011
En ek het altyd gedink ek gaan baie cool ouer word…tot ek weer ‘n slag cool in die oe gekyk het!
lisabeth het gesê op Maart 9, 2011
Dankie Celia…dit is nogal ‘n lekker verandering!
Blikskottel het gesê op Maart 11, 2011
Die jonges hou ons darem ook op hoogte van sake en aan die gang en dis goed soo ook. Geniet haar.
lisabeth het gesê op Maart 14, 2011
Ja…ha….en dit kan mens nogal laat besef die tyd het aangestap ook!