by

Ten spyte van die man op die maan.

Februarie 22, 2011 in Sonder kategorie

Met die intrapslag by die kantoor vanmore het ek die gevoel gekry dat die papiere asemteue tevore alles in die lug was en net-net hulle le gekry het met my aankoms. Ek is seker die lug het nog getril van die beweging.  Met die verbyloop sien ek ‘n paar rubberhandskoene le op die wasbak in die klein aptekie. Iets het gebeur.

 

‘n Week tevore het ‘n man kaalbolyf by die kantoor ingestorm om te kom wegkruip, sy vrou se eksman kort op sy hakke met ‘n oop oukapie in sy hand. Gisteraand het een van die drywers ‘n ryding omgegooi. Vanmore le daar rubberhandskoene op die wasbak. Benouderig hoop en bid ek dat niemand se ledemate erens in ‘n masjien beland het nie.

 

“Het Mevrou nie die ambulance van voor af gekry nie?”

“Nee, wat het gebeur?”

“Is MB, haar man het hom skoeneveters losgemaak.”

“Hoe bedoel jy?”

“Sodat sy maklik kan kraam. Hulle maak so. Die man moet hom veters losmaak, anders kom die baba swaar uit.”

“Is haar baba klaar gebore?”

“Nee, dit sal seker nou enige tyd wees. Maar haar water het nog nie gebreek nie, maar dit is haar tyd.”

“Nou wat is dit van die skoenveters?”

“Ek het haar man op die radio laat roep van bo af, hy werk mos bo, maar toe het hy klaar gehoor en laat weet hy het hom veters losgemaak, om haar mos nou te help met die geboorte.”

“O” se ek “Is dit hoe dit werk?”

“Ja, ons glo so, en dat jy nie deur drade moet klim as jy swanger is nie want dan draai die nael om die kind se nek. Jy moet omloop. Maar ek het deurgeklim as my ma anderpad kyk, en dit het nooit oor my gekom nie. Maar as dit baie swaar gaan moet hulle iets vir jou bring van die pa af.”

“Watse iets?”

“Enige iets. Soos hom sakdoek of hom hemp of iets dat jy net die ruik kry, dan help dit. Maar hy het mos nou hom skoene losgemaak, sy gaan nie sukkel nie.”

 

 

‘n Uur of wat later kom die oproep. Dis ‘n seunbaba. Ons moet die pa laat weet.

 

 

Die meisie in die personeelkantoor vertel  teetyd vir my dit was amper amper amper ‘n kantoorbaba. Daai man het sy veters so klein bietjie vroeg laat los.

25 antwoorde op Ten spyte van die man op die maan.

  1. wesnwew het gesĂȘ op Februarie 22, 2011

    🙂
    Genade ek wens ek het so paar jaar terug geweet van die veters ding…

  2. loudavisi het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    Eerste keer wat ek daarvan hoor.

  3. TS het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    eerste keer dat ek van so iets hoor
    interessant

  4. Maankind2 het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    Dis ‘n NUWE!

  5. Ag ek hou van sulke stories….

  6. 🙂

  7. bloukaap het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    hallo Lisa

  8. lisabeth het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    hallo Pruim

  9. lisabeth het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    Jy moet jou smaail kwalifiseer…

  10. lisabeth het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    Hey Klari… ek het vanoggend eers 2 en 2 bymekaar gesit oor julle vakansie – het nie die link gevolg nie…

  11. lisabeth het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    Hallo Monica. Hier is ‘n kultuurskat wat opgeteken behoort te word. Die taal alleen is somtyds vir my so ongelooflik, al hoor ek dit elke dag…ek dink altyd ek sal die segoed onthou, maar dit raak saam met ons linkervoete se sokkies en my oorbelle se vlindertjies verlore…weg!

  12. lisabeth het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    Hmmm…mens sal lank en diep en bitter slim kon skryf oor die man se aandeel in die saak…

  13. lisabeth het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    Vir my ook! Ek gaan netnou vir jou mail.

  14. lisabeth het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    :-)…ek wou so graag glimlag!

  15. lisabeth het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    Ek is al sooo lank hier en ek word nou eers ingelaat in die geheime rituele!

  16. lisabeth het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    Dis die dat hulle nie so graag slip-ons dra nie…

  17. dinkweer het gesĂȘ op Februarie 23, 2011

    “Annapad”. Dit is haar naam. Gebore tussen plaas en hospitaal. Hallo Lisa.

  18. Dis ‘n vriendelike een.

  19. Janklaas het gesĂȘ op Maart 1, 2011

    Jy bly en werk op ‘n interesante plek!

  20. lisabeth het gesĂȘ op Maart 9, 2011

    Solank jy net se “vreemd” nie, want daar sit ‘n eelt daar!

  21. lisabeth het gesĂȘ op Maart 9, 2011

    Daar is ‘n hele kultuur wat opgeskryf moet word!

  22. lisabeth het gesĂȘ op Maart 9, 2011

    Nei, maar dis oorlat jy nie geweet het vannie vetes nie.

  23. lisabeth het gesĂȘ op Maart 9, 2011

    Daar was nogal ‘n Annapad in my keintyd iewers – wonder of dit die oorsprong van haar naam was.

    Waar is jy? Ek is min hier, maar jy is glad nie meer hier nie!!

  24. lisabeth het gesĂȘ op Maart 9, 2011

    haha…dis ‘n lekker herinnering!

Los ’n antwoord vir dinkweer. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.