by

Sinusitis…yeah!!

Februarie 16, 2011 in Sonder kategorie

Raai watter koshuisbrak het erg sinusitis? Raai wie het gisteraand in die snippermandjie begin opgooi?  Raai wie se fisiesie kondisie maak haar tans ongeskik vir die koshuislewe.   Raai watter pa het sy afsprake geskuif om haar te gaan haal.  Raai wie se oudste kind le in haar ma en pa se bed en slangetjies en leertjies speel met haar kleinboet. 

Thank you for small mercies.  Want ek het soooo verlang. 

NS> Jammer my kind dat jou kop so seer is, en jou keel en jou maag en jou neus en  jou hare pyn glo ook.  Maar ek sal Liefling se “behind the scenes” nog ‘n honderd keer saam jou kyk.  Dis net so vrek lekker om jou hier te he!

21 antwoorde op Sinusitis…yeah!!

  1. “Vrek Lekker” … :-)) … mooi gesê!

  2. Moeder hoenderhen is net tevrede en kan net ontspan as haar kuiens onder haar vlerk is…nevermaaind die rede!

  3. TS het gesê op Februarie 16, 2011

    lekker luier so saam met die sieke

  4. Trakie het gesê op Februarie 16, 2011

    Yeah!! 🙂

  5. Doting mother!
    🙂

  6. hehehe geniet die tyd saam met haar

  7. UNPOCO het gesê op Februarie 17, 2011

    Enjoy, elke oomblik!

  8. Ag dit was ‘n bonus – veral omdat dit nie nodig was om die kuiertyd met die ander te deel nie – ons kon kyk en doen en gesels net wat ons wil!

  9. Ek dink ek was miskien nie heeltemal objektief nie – ek droom nou al Liefling se tema-musiek, en Bobby van J voel soos familie – en dit lyk nie vir my of sy al uitgekyk is nie!

  10. Dit was heeeerlik!

  11. Dankie ek het!

  12. Dankie Ne, ons het haar siekwees voluit benut!

  13. Jaja – my jeugdige self sal my huidige self nie glo nie! Maar dis nou hoe dit is!

  14. Sjaaim, dit was heerlik, maar nou het sy heelwat werk om in te haal (en ek ook)!

  15. Dankie dat jy saam my ge-yeah het, Kelkie.

  16. Dis nou meer daai lekker snoesige poeierlyfie van haar baba dae nie, maar dit was heerlik. Sy is nog steeds die kleinste wat sy ooit vir die res van haar lewe gaan wees!

  17. Ek het geluier en baie lui geword! Niksdoen saam iemand anders is darem maar vrek lekker!

  18. Ek het, baie dankie Flenters.

  19. Die peste is met antibiotika en ‘n oordosis tv verdryf!

  20. Dis my straf, omdat ek so snotty was oor mas toe ek jonk was!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.