Profile photo of lisa

by

How time flies…

Februarie 13, 2011 in Sonder kategorie

Donner en Bliksem, hoor ek noudie dag oor die lug, is tegnies nie vloekwoorde nie. Ek is bly daaroor, hoewel ek nie een van die twee gebruik nie, dis net goed om te weet – vir ingeval.

 

Dit gaan mos maar oor die betekenis, en in die geval wil dit my voorkom, beteken dit nie veel nie, dit se net lekker.

 

Op die oomblik het ek ‘n woord nodig wat die wereld emosie wat hierbinne le kort en kragtig kan saamvat. Soos bliksem.

 

Dis stil in die huis.

 

Die amper een hektaar grasperk is leeg. Vier slaapkamers is leeg. Die swembad se water is leeg. Die kombuis is leeg. Die braaivertrek is leeg. Die eetkamer is leeg. Die werkskamer is leeg. Die gereedskap is opgehang. Die musieksentrum rus. Die tv bly af.   Leeg en aan die kant. En stil. Gesin gereduseer van ses tot twee. Lewe gereduseer van lewendig tot tjoepstil.

 

Die pa en ek dra ons Sondagete tot onder in die tuin onder die druiweprieel. En daar sit ons tweetjies en eet. In rus en vrede en stilte. Die twee brakkies gelate by ons voete.  Die rose se kleur en geur te ordelik na my sin.   Ek mis die chaos. Die geluide. Die gespat van water. Nat honde wat deur die huis hardloop. Nat handoeke waar dit nie moet wees nie. Onaardse musiek oor die luidsprekers. Lywe om my, teen my, oor my. Lewe.

 

Gister het ek nog geveg vir spasie. Vir stilte. Vir vreedsaam in die bad le en week. Gister het ons gedroom oor die baie balle wat geskop gaan word op die gras. Die baie etes in die boomhuis, die baie ure in die swembadwater. Hulle geleer asseblief en dankie se, om blad te skud en iemand in die oe te kyk. Dit was net gister. Bliksem. Die tyd het omgevlieg. Bliksem Bliksem Bliksem.

34 antwoorde op How time flies…

  1. Ou-Top het gesê op Februarie 13, 2011

    Een of ander snaar het gesê n mens gaan twee keer dood; die erste keer as al die kinders die huis verlaat en die tweede keer as die gees jou liggaam verlaat. Ek en my vrou is ook nou daar. Miskien het Pappa Smurf in gister se Volksblad die antwoord.
    Hy is twee en sewentig en jol elke aand tot na 12 uur in diskos en sulke plekke..

  2. Oe ek love hierdie alleentyd met Maanman. Jy sal die stilte leer waardeer.

  3. Neee… Ek LIEF my kinders, maar ek LOVE hierdie alleentyd met Maanman. Jy sal die stilte leer waardeer. Baba is darem al so 15 jaar uit die huis uit.

  4. Ek begin al uitsien na die stilte. Het dit vir ‘n jaar ervaar en ek moet erken, ek mis dit soms.

  5. Goed gaan, Lisa.

  6. *fluister* wat dink jy van ‘n uitruil skema??? Maar ek wil die netjiese huis ook hê…
    Hoop die stilte raak gou bietjie ligter

  7. TS het gesê op Februarie 13, 2011

    Dit eerste keer dat ek sien dat Bliksem as ‘n rus en vrede woord gebruik word 🙂

  8. so lief as wat ek my kinders het, was die ruk wat hulle ver van huis en haard was, vir my al te heerlik.

  9. Ek mis myne kwaai.

  10. zephur het gesê op Februarie 14, 2011

    Stilte is mos goed so nou en dan

  11. die vergaan van gister se geraas wat steeds in vandag se vreug leef

  12. Ai ou Top, toe jy ander keer so skryf oor die diere op werf wat begrawe is het ek al gewonder waarheen die dolle kleintyd gevlieg het.

  13. Ek dink dit is nog bietjie vreemd vir my sisteem…dalk later as ek eers gewoond is daaraan. Genade, ek kan myself hoor dink!!

  14. Mr B…hallo en goedgaan met julle ook!

  15. Hallo Waar-ek-se-net-wat-ek-wil, jy kan die netjiese huis kry…wat kry ek?

  16. Hahahaaaa Tina, jy is vars.

  17. Ek het vanaand vir mnrlisa van die mash vertel…hy lyk maar nog agterdogtig!

  18. Ons moet nou ‘n nuwe ritme kry, dis net vinniger op ons as wat ek verwag het!

  19. Ag Jan Klaas…ek mis hulle ook. Nommer 3 het vanaand vir my gese hy is so lief vir my soos die gewig van twee blou walvisse. Sug. Ek mis hulle en ek mis so groot deel van hulle kom en gaan. Naweke is so kort!!

  20. En nou lees dit asof ek joune mis…hehe…ek mis MYNE.

  21. Zeppie man, die noue en die danne volg mekaar net bietjie te vinnig op!

  22. Sug….ja…net so.

  23. Naand Oupa Flenters.

  24. Trakie het gesê op Februarie 14, 2011

    Lekker woord daai.

  25. jy jry twee ietsies ‘magic’ wat die stilte laat verdwyn asof daar nooit stilte was nie…. En uhmmmmm…. Toemaar ek het besluit om hulle te hou :-)…
    Ja ek verstaan die aanpassing is nogal ‘n storie en sommer ‘n heel nuwe wêreld om ‘n nessie te skrop vir jou hernude huwelik ook… Soveel meer spasie in daai stilte.
    Hoop (as jy dit bietjie meer gewoond is) gaan daai spasie sommer nóg baie jare se geluk inhou!!

  26. Nog 3 jaar dan is ons ook daar. Die eerse enetjie is al 3de jaar op universiteit en nog steeds vebaas dit my hoe tyd vlieg. Verder sien ek uit na die volgende fase van my en my vroulief se lewe en hoekom dan nie.

  27. Nee, ek het dit darem ook so verstaan!

  28. Blikskottel, ons s’n is koshuis toe, 3 nog in die laerskool! Want ons bly ver.

  29. Ja…en almal wat weet het gese geniet hulle, hulle word so gou groot…maar dan klink dit na ‘n cliche!

  30. Jip Kelkie – sommer so asof die moedswillige gebruik daarvan iets beter maak!

  31. Dit was lekker…veel lekkerder as die stil huis!

  32. Met ‘n ‘x’…ok jy leer my iets. Hallo Kelly…

  33. hmmm…oi.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.