Profile photo of lisa

by

Ankers en valhelms.

Desember 20, 2010 in Sonder kategorie

Ek is gewaarsku, deur verskeie mense wat weet, dat ek met die nuwe outomatiese enjin ingedagte die afwesige koppelaar gaan trap, met rukkende gevolge, wanneer my linkervoet die rempedaal tref.

 

Ek sou graag aan die einde van 2010 wou rapporteer dat ek grasieus tot stilstand kom, maar heelaas.

 

Die probleem is nie die rem wat ek per ongeluk trap nie, die nuwe het ek vinnig aangeleer. Skynbaar is my probleem die onvermoe om die oue – wat ek jare gelede al onder die knie gehad het – te onthou.   Want die outomaties is so gemaklik. Al wat ek doen is ry, hy dink mos vir my. Opdraande, afdraande, draaie, stilhouplekke. Alles is om’t ewe.

 

Ek is dus ‘n bietjie dommer. Eers het ek geantisipeer: Ek hou daarvan om glad oor te skakel, om in die regte rat teen ‘n hoogte uit te gaan. Om op glibberige, modderige plekke in tweede weg te trek en versigtig uit te maneuver. Om aan te haal en te jaag en sywaarts om die draai te gaan as dit moet. Maar ek kan nie meer nie. My enjin ruk dood.

Want in enige iets anders as die outomatiese Maroone vergeet ek om te dink, om die koppelaar in te trap, om ratte te verwissel.

 

Die uitdrukking op die man se gesig toe ek vanoggend ‘n paar meter voor my parkeerplek begin rem, net om die enjin ‘n tree of wat buite die afgemerkte spasie reeds te laat doodruk, was om die minste te se, afkeurend. Ek kan dink wat hy moes dink, synde ek nie van die manlike geslag is nie, maar ek sou graag vanmore vir hom wou se: “Hey Dude, lus om plekke te ruil?”

 

En dan sou ek kon begin by die pynlike geboortes, die as op my hoof en die skeur van die klere (soos Jan Klaas anderdag vertel het), die lang nagte sonder om te weet aan watter kant die baba nou gedrink het, die op-en-af stap in die gang, een in die rugsak een in die arms, die resies tussen werk en huis en skool. En die lewe wat gebeur. En dan na alles, stuur jy hulle een vir een koshuis toe. Die ergste van die ergstes. Want hulle is nog klein. Sodat hulle daar ver in ‘n goeie skool op hulle eie kan gaan grootword.

 

Dis geen geheim dat my brein meer emosie-selle as goedgebalanseerde objektiewe rasionele grysstof besit nie. Dis ‘n gegewe. I live with it. Maar o, die pyn!!

 

Die naweek staan ek natgemisreen in die Tsitsikama en kyk hoe Oudste aan ‘n kabel oor duiselingwekkende afgronde zirts. Hoe grasieus sy elke keer op die volgende platvorm land. Deur die kameralens sien ek die onseker trekkie om haar mond, dan die laat sak van haar ken, die gereedmaak, die hand(jies)e wat vasvat, en dan die laat gaan: Die gly, die genot, die vryheid.

 

Mag julle kabels stewig vas bly, julle katrolle op die spoor, die veiligheidsharnasse in plek, die valhelms daar sonder om te veel afbreuk te doen aan julle voorkoms. Bo alles hoop ek julle enjins loop klopdisselboom, en julle ratte verwissel glad. Ek is tot verderde kennisgewing op auto pilot, wyl ek hier van onder af fotos neem vir onthou.

 

 

27 antwoorde op Ankers en valhelms.

  1. Balans het gesê op Desember 20, 2010

    Oulike vergelykings.
    Geniet die tyd wat auto pilot jou nou gee!

  2. TS het gesê op Desember 20, 2010

    Geniet dit So nou en dan kan jy maar soto’s deel ook

  3. Ag dis ‘n leeker inskrywing – en ja dis simpel hoe mens verleer wat jy dog jy ingewortel het…

    🙂

  4. Ek moes myself ‘n slag of wat van die windskerm afkrap toe ons die 1e maal ‘n outomatiese voertuig gekry het.
    Deesdae netso hopeloos in kar met handratte.

  5. Ek het nou so lekker gelees! Hoop jy gly gladweg in jou kapsule tot jy weer afkom aarde toe

  6. Geniet dit!

  7. Dankie Blaasbalk…ek is net nie so seker of Auto pilot ‘n goeie ding is nie!

  8. In ‘n propvol huis is VREDE ‘n goeie wens…dankie.

  9. Ek sal so maak. Mooi dag vir jou.

  10. Ek is bly as dit jou laat smile het…!

  11. Ek dink ek was so vasberade om nie teen die windskerm te land nie, dat ek die woord “koppelaar” nou heeltmal uit my sisteem het!

  12. Hallo Monica, Mc Gregor bly oor my pad kom. Die naweek se die buurvrou by die see iemand van Mc Gregor het hulle kom leer hoe om ‘n sandsak-huis te pleister!!

  13. Dankie Thomas. Wil jy weet hoe lekker die hoender in die weber was?

  14. Ek kan my dit net indink!
    🙂

  15. Lieflike skrywe!

    Laat dit jou goed gaan, Lisa.

  16. Dankie Kliari…jy laat dit so formeel klink!!

  17. Haai daar!

    Dis lekker nat hier in jou wêreld!

  18. Dit is deel van kind wees, mens wees, ma wees…

    So dikwels beweeg ons na aan die afgrond sonder om dit te besef… en niemand kwel nie omdat niemand die afgrond sien nie.

  19. En droog in joune!

  20. Is so DW.

  21. Berwick het gesê op Desember 30, 2010

    Hi, Lisa.

  22. Hallo, Berwick.

  23. Balans het gesê op Desember 31, 2010

    Maak 2011 ‘n voorspoedige jaar!

  24. Ek het ook nou die dag ‘n outomatiese motor bestuur – wat ‘n gesukkel! Ek het bly voel of ek die motor wou voorsê, in die bek ruk en wou hê dit moet ry soos ek dit voorsê. Helaas… Gelukkig was dit ‘n korterige rit en ek was baie verlig toe ek weer in my ou vertroude motor kon klim. Lekker jaar vir jou. En dankie vir al die lees.

  25. lisabeth het gesê op Januarie 7, 2011

    Dankie BB, mooi jaar vir jou ook.

  26. lisabeth het gesê op Januarie 7, 2011

    hallo mnr Fotograaf…my lewe sal maar bietjie af wees as ek net na my eie kop moet luister!!

  27. lisabeth het gesê op Januarie 7, 2011

    :-), Hallo Nika.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.