Lewe.
Desember 17, 2010 in Sonder kategorie
Ek het oop oe hier ingestap…een tree op ‘n slag.
En dit was maklik, om tree vir tree nader aan jou te kom –
vir jou lief te word,
jou geselskap te geniet en te koester.
Hoe kom ek nou weer hier uit?
Tree vir tree wil nie werk nie.
Die afstand tussen ons is al oseane groot,
maar die liefwees bly
en so ook soms, die verlang.
loudavisi het gesê op Desember 17, 2010
Ai, dis so hartseer, lisa.
Ek moenie hartseer goed lees nie, dan tjank ek weer van voor af.
monicahaddad het gesê op Desember 17, 2010
Hierdie tyd van die jaar raak alles net so meer intens…..
TS het gesê op Desember 17, 2010
Ai mens wat kan mens sê…sug…
rosiemetdorings het gesê op Desember 17, 2010
as jy weer jou oë uitvee is daardie groot afstand net daar
raymond 2009 het gesê op Desember 17, 2010
Lisa?
verbeeldingsvlug het gesê op Desember 17, 2010
Ai man, dis nie lekker nie. Sterkte!
raymond 2009 het gesê op Desember 18, 2010
Ek kan eintlik nie praat nie.
Eerliknetek het gesê op Desember 20, 2010
Sterkte Lisa
FOXY1975 het gesê op Januarie 24, 2011
Ek weet nie of mens dit ooit regkry om werklik weer weg te stap nie.. al raak die water tussen-in al hoe meer.. ergste van als is seker dat ek vir hom seker al jare nie meer bestaan nie.. maar my hart mis nog elke keer ‘n klop as iemand van hom praat… pateties wat die liefde soms met mens aanvang…xx