Jy blaai in die argief vir 2010 Desember.

Profile photo of lisa

by lisa

Ankers en valhelms.

Desember 20, 2010 in Sonder kategorie

Ek is gewaarsku, deur verskeie mense wat weet, dat ek met die nuwe outomatiese enjin ingedagte die afwesige koppelaar gaan trap, met rukkende gevolge, wanneer my linkervoet die rempedaal tref.

 

Ek sou graag aan die einde van 2010 wou rapporteer dat ek grasieus tot stilstand kom, maar heelaas.

 

Die probleem is nie die rem wat ek per ongeluk trap nie, die nuwe het ek vinnig aangeleer. Skynbaar is my probleem die onvermoe om die oue – wat ek jare gelede al onder die knie gehad het – te onthou.   Want die outomaties is so gemaklik. Al wat ek doen is ry, hy dink mos vir my. Opdraande, afdraande, draaie, stilhouplekke. Alles is om’t ewe.

 

Ek is dus ‘n bietjie dommer. Eers het ek geantisipeer: Ek hou daarvan om glad oor te skakel, om in die regte rat teen ‘n hoogte uit te gaan. Om op glibberige, modderige plekke in tweede weg te trek en versigtig uit te maneuver. Om aan te haal en te jaag en sywaarts om die draai te gaan as dit moet. Maar ek kan nie meer nie. My enjin ruk dood.

Want in enige iets anders as die outomatiese Maroone vergeet ek om te dink, om die koppelaar in te trap, om ratte te verwissel.

 

Die uitdrukking op die man se gesig toe ek vanoggend ‘n paar meter voor my parkeerplek begin rem, net om die enjin ‘n tree of wat buite die afgemerkte spasie reeds te laat doodruk, was om die minste te se, afkeurend. Ek kan dink wat hy moes dink, synde ek nie van die manlike geslag is nie, maar ek sou graag vanmore vir hom wou se: “Hey Dude, lus om plekke te ruil?”

 

En dan sou ek kon begin by die pynlike geboortes, die as op my hoof en die skeur van die klere (soos Jan Klaas anderdag vertel het), die lang nagte sonder om te weet aan watter kant die baba nou gedrink het, die op-en-af stap in die gang, een in die rugsak een in die arms, die resies tussen werk en huis en skool. En die lewe wat gebeur. En dan na alles, stuur jy hulle een vir een koshuis toe. Die ergste van die ergstes. Want hulle is nog klein. Sodat hulle daar ver in ‘n goeie skool op hulle eie kan gaan grootword.

 

Dis geen geheim dat my brein meer emosie-selle as goedgebalanseerde objektiewe rasionele grysstof besit nie. Dis ‘n gegewe. I live with it. Maar o, die pyn!!

 

Die naweek staan ek natgemisreen in die Tsitsikama en kyk hoe Oudste aan ‘n kabel oor duiselingwekkende afgronde zirts. Hoe grasieus sy elke keer op die volgende platvorm land. Deur die kameralens sien ek die onseker trekkie om haar mond, dan die laat sak van haar ken, die gereedmaak, die hand(jies)e wat vasvat, en dan die laat gaan: Die gly, die genot, die vryheid.

 

Mag julle kabels stewig vas bly, julle katrolle op die spoor, die veiligheidsharnasse in plek, die valhelms daar sonder om te veel afbreuk te doen aan julle voorkoms. Bo alles hoop ek julle enjins loop klopdisselboom, en julle ratte verwissel glad. Ek is tot verderde kennisgewing op auto pilot, wyl ek hier van onder af fotos neem vir onthou.

 

 

Profile photo of lisa

by lisa

Lewe.

Desember 17, 2010 in Sonder kategorie

Ek het oop oe hier ingestap…een tree op ‘n slag.

En dit was maklik, om tree vir tree nader aan jou te kom –

vir jou lief te word,

jou geselskap te geniet en te koester.

Hoe kom ek nou weer hier uit?

Tree vir tree wil nie werk nie.

Die afstand tussen ons is al oseane groot,

maar die liefwees bly

en so ook soms, die verlang.

Profile photo of lisa

by lisa

Sodat (o)Flenters daai plek kan sien

Desember 1, 2010 in Sonder kategorie

Hier spring die visse  uit om vir jou te kyk as jy vir hulle sit en kyk.

  

Ek weet hoe lyk die klippe, die grond, die polle gras.

Ek weet hoe ruik die lug.

Ek weet hoe proe die spruit se soet water.

Die berg le in in oopgebuigde U…

Sy is ‘n sy, want haar twee arms omvou die stuk aarde , wat met sy kop teen haar boesem le.

 

 Papierbasbome beteken “ek is tuis”

Nuutste twee babas. 

 Enigste plek waar ek hulle ooit sien “bergklim”