by

Cool

November 28, 2010 in Sonder kategorie

Is die woord wat ek  daar vanuit die middelbank (waarheen ek om veiligheidsredes verban is)  aanhoor terwyl ek druiwegeur kougom  kou en konsentreer om gesellig  en gerus voor te kom.

Links voor sit die pa.  Regs, agter die stuurwiel,  die 12jarige.

“Goed, sit hom nou in rat. Altyd saggies werk.”

“So?”
“Ja.”

“Ok, cool”

“Lig jou voet stadig”

“So?”

“Ja”

“Ok, cool”

“Hou links”

“Diekant?”

“Ja”

“Ok, cool”

Vanuit die agterbank kom lopende kommentaar.  (Meestal opmerkings wat soos water van die bestuurder se rug afrol).  Oudste, wat agter die bestuurder sit,  kla omdat dit bitter swaar is om te sien hoe die jongeres op al hoe vroer ouderdomme allerhande voorregte kry. 

Ek kou die uitgekoude kougom, en kyk na die refleksie van die pa se trouring in die ruit. 

Cool, man cool.

14 antwoorde op Cool

  1. pasella het gesê op November 28, 2010

    Cool !

  2. Lekker om sommer te leef!

    🙂

  3. TS het gesê op November 28, 2010

    Lekker warm word my hart

  4. Met elke kind wat leer bestuur, het ek sulke gate in die sitplekke gemaak. 🙂

  5. zephur het gesê op November 29, 2010

    Cool stuff

  6. zephur het gesê op November 29, 2010

    Wicked ek sê

  7. zephur het gesê op November 29, 2010

    Was daar toe nie ‘n ongeluk nie…maar dan is daar mos amper ‘n nuwe bestuurder op die paaie een van die dae…

  8. Trakie het gesê op November 29, 2010

    Stem saam met Lewies 🙂

  9. Balans het gesê op November 29, 2010

    Hoe vinnig word hulle groot!
    Die korter deel in die huis vir hulle le voor!
    Koop die tyd uit.

  10. Dis onmoontlik dat jy alweer daai rooi kep kan ophe…!!!!!!!

  11. Berwick het gesê op November 29, 2010

    Cool, man.

  12. besonder geskryf.

  13. zephur het gesê op November 30, 2010

    Het ek ook gedog ja…tyd vlieg

  14. Koel suster! Jy kan maar weer so skryf.

Los ’n antwoord vir lisabeth. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.