Profile photo of lisa

by

Nie lag nie, antwoord net…

November 27, 2010 in Sonder kategorie

Pas ‘n botteltjie bier leeggedrink.

Want dis warm

Want ek het langs die swembad in die son gele en bak terwyl die kinders swem.

Want ek het gedink ons gaan nou iets ligs eet en dan dvd kyk.

En toe bel mnr Lisa.

Ek moet kom, hy het raad nodig.

Ek is lief vir rooiwyn af en toe.

Ek is lief vir ligte droe wit wyn af en toe.

Ek is glad nie gewoond aan bier nie.  En die botteltjie se 5.5% Vol.  En dit was heerlik koel en bitter. 

Ek moet 60km bestuur.   Kan hulle my aftrek of nie?

As ek vir ‘n tyd nie blog nie…stuur ‘n stuk koek met ‘n vyl in.  Of se asb net vir hulle ek was dom.  

Dankie.

10 antwoorde op Nie lag nie, antwoord net…

  1. O hene o jete, as hulle jou aftrek gaan jy mnr Lisa se raad nodiger hê……..

  2. Adage het gesê op November 27, 2010

    Sê vir hulle jy het ernstige asma, jy kannie blaas nie!

  3. ek antwoord nie, ek lag net.
    dink darem jy sal OK wees.
    Maar ingeval nie, Laat weet wat is die besoektye

  4. Wees positief.
    As hulle jou vang, gaan jy baie veilig voel.
    Niemand kan by jou sel inbreek nie.
    Jy hoef vir niemand kos te kook nie.
    Geen wasgoed was nie.
    Bestel jou sopper van ‘n menu af.
    😀

  5. Hallo Lisa ,dit hang nou af waarmee jy vandag ry? Met die 4×4 sal jy mos nie so slinger nie maar een bier is ok .

  6. TS het gesê op November 27, 2010

    ehehehe… dan huur jy jou uit en sien onderwysers se vraestelle na en maak ‘n geldjie terwyl jy binne is!

  7. Die kontras kan nie duideliker wees nie,daar le jy en bak heerlik in die son,en hier sneeu dit…

  8. Een bier hoort nie ‘n probleem te wees nie – tensy jy net 40Kg weeg…

  9. O Ja – en die antwoord oppie vraag: “Het jy iets gehad om te drink?” is;

    “Nee!”

  10. Hou maar ‘n R 100-noot gereed, net vir die wis en die onwis….

Los ’n antwoord vir raymond 2009. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.