Profile photo of lisa

by

saamslaap

November 24, 2010 in Sonder kategorie

No 3 skryf LO.  Ek moet hom na werk (onder)vra. En ek moet goumaak, want no 4 wag al onder by die boomhuis vir hom om te kom speel.  Toemaar, se hy, ek hoef nie meer te vra nie, hy se sommer gou alles.  En hy rits dit af.  Vitamines en minerale, wanvoeding, padveiligheid, privaatruimte, plekke van aanbidding, dwelmiddels en hoe om nie vigs te kry nie:  Moenie saamslaap nie.  En oor sy skouer roep hy terug…maar net as dit iemand is wat se neus maklik bloei moet jy worry, en as jy ‘n stukkende plek het, anners is dit ok.

Wil graag vir die hoof ‘n briefie skryf:

Liewe Meneer,

My kind se dis ok om saam te slaap solank die ander ou se neus net nie bloei nie.   En hy se jy se ek moet maar vir hom verder leer as hy nog iets wil weet.  Hy wou nie vandag nog iets weet nie.  Hy wou gaan speel.

Wil maar net se dis ok met my ook as hy vandag  in die boomhuis speel en nie te veel worrie oor wat jy hom nie geleer het nie.  Want sy beurt sal kom.  Sy boomhuisdae spoed verby. 

Merk dan asb maar alles reg wat hy verkeerd geleer het.  Ek weet jy is ook ‘n pa.  Jy sal verstaan.  En jy weet hy sal tog op die ou einde weet.

Groete dan eers.

Mev Lisa  (M.A.)

5 antwoorde op saamslaap

  1. Berwick het gesê op November 24, 2010

    🙂

  2. Balans het gesê op November 24, 2010

    Kinders wys ons hoe noodsaaklik ouerlike leiding is en dat die skool nie alleen hulle opvoeding kan en mag behartig buite die ouers om nie!
    Lekker slaap.

  3. Dinge het darem maar baie verander…en nie ten goede nie.

  4. TS het gesê op November 25, 2010

    ai wat sal mens maak

  5. Trakie het gesê op November 25, 2010

    Ek stem. Boomhuisdae is baie kosbaar. Kannie sommerso verspil word nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.