Profile photo of lisa

by

sterre kyk

November 20, 2010 in Sonder kategorie

Vanaand wil ek sommer net ‘n bietjie by jou sit

So rukkie aan jou raak en tot rus kom

Miskien my oe toemaak en agtertoe leun sodat ek deur toe oe na die sterre kan kyk.

Maar miskien is dit dieper

Hierdie onrustige gevoel van verlang

Miskien is dit die onvermoe om terug te staan en te kyk

Wat my die meeste vang

Dalk die baie vrae sonder antwoorde

Miskien as ek kon wegglip na binne

Of buite of iewers waar ek met God kon praat

En hoor wat ek nie gehoor kry nie

En sien wat ek nie insien nie

Sou ek dit met jou kon deel

En so deur my toe oe en jou nabyheid en die sterre

Rustig raak

En later slaap

En dalk sou ons lag

En vry wees

En speel

Dalk ‘n traan stort, wie weet

Maar net as jy kon bywees

Jy het gese ek moet minder fotos neem en meer detail onthou

Jy het gese dis nodig om seker te maak mens kan met toe oe sien

Ek sien niks, behalwe die sterre nie,

dalk die fyn spore om jou oe.

Ek sou graag sommer net ‘n bietjie by jou wou sit

Iewers in die aandwind

En aan jou raak

En met jou praat

En antwoorde en vrae en hierdie ongedurigheid met jou deel.

21 antwoorde op sterre kyk

  1. Angelor het gesê op November 20, 2010

    Hartseer Lisa,…

  2. Joe Lisa ?
    Dis diep.

  3. Naandsê Lisa…

  4. Nou-net daar by jou gelees terwyl jy hier gelees het…en gewonder oor jou. Bly die eksamen is verby…jy moet lekker rus. Van die res maak ek nie veel sin nie, ek lees te min om heeltemal op hoogte te wees en te verstaan!

  5. TS het gesê op November 21, 2010

    aangrypend

  6. Lieflike woorde.
    xx

  7. Trakie het gesê op November 21, 2010

    Hi Lisa.

  8. Berwick het gesê op November 21, 2010

    Hallo, Lisa.

  9. Hallo, Berwick.

  10. Hi Kelkie.

  11. Hallo Loua.

  12. Dit is kosbaar – as jy dit beleef!

  13. Dankie Therina.

  14. 🙂 hallo Tina

  15. Hallo Samuhr.

  16. Naandse Klari.

  17. Hey Raymond…heeltemal te diep…ek is net lus vir bolangs en lig deesdae!

  18. Hmmm…ongedurig Angelor.

  19. besonder

  20. Naandse Pruim

  21. Balans het gesê op November 23, 2010

    Ongedurigheid.
    Loop soms saam met frustrasie.
    Net die rustige gemoed kan dit wegneem.
    Ek kry dit in die Geestelike.
    Soms gou en soms nie dadelik nie.
    Die soeke is eintlik bo-materieel.
    Bo-natuurlik.
    “Soek en jy sal vind”!
    Wat ‘n wonderlike belofte
    Lekker week

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.