Profile photo of lisa

by

Jaaaaa….sus.

November 6, 2010 in Sonder kategorie

Ek het hierdie week net weer besef hoe belangrik dit is om te verstaan hoe ‘n man se hartsake staan wat motorfabrikate betref.  Dit kan fataal wees om te dink dat ‘n Land Rover en Land Cruiser dieselfde droom is, net ander in ‘n ander kleur.  In hierdie omgewing is dit amper soos ‘n waterskeiding.  Die Cruiser manne en die Rover manne.

Die Cruisers, het ek agtergekom, aanvaar as ‘n feit dat die Rovers probleme gaan he.  Rover stories oor presies waar en watter probleme die eienaar opgetel het is volop.  Sodra daar egter ‘n Rover in die gelselskap beland, word daar empaties en kopskuddend uitgevra en geliaseer, vir latere nabetragting. 

Dit het woes gegaan by die kantoor hierdie week.  Daar was aanmekaar afsprake, en onderhandelinge en manne wat kom en gaan en agter toe deure vergader.  Een so vergadering het my baas vir ure besig gehou terwyl ek hom broodnodig gehad het om syfers na te gaan wat dringend aangestuur moes word.  So, ek wag. En tel my seeninge omdat ek nie saam agter daardie toe deur hoef te wees nie. 

‘n Paar uur later sien ek die mans sdeur my kantoorvenster saam uitstap en groet.  Ek slyp my spykerskoene om hom met sy terugkeer af te pen en die syfers onder sy aandag te kry voor iemand anders my voorspring. 

Maar die baas kom nie terug nie.    Intussen fluister ek vir twee van die ander vrouens in die kantoor dat dit hulle beurt is om die lang lat geselskap te hou wat pas voor die kantoor stilgehou het – ek het ander dringende sake om af te handel, die baas is MIA. 

Baas gekry.  Hy staan hande oor die bors gevou saam met vriend en vyand voor die oop enjinkap van die nuwe VW bakkie. Aktetasse verlate op teerblad.  Al vier die deure word oopgemaak.  Daar word ingebuk, gekyk en gevoel.  Teruggestaan en bespreek.  Omgeloop.  Teruggeloop vorentoe.  En ek verbeel my al dat die manne se tweede groet hartliker is.  Wat die volla betref is hulle nog in een kamp.  Die wag-en-sien-kamp.  

Oppad terug na my eie kantoor wonder ek waar die vrouens is.  Almal is weg.  En wat van die jonge heer geword het wat hulle moes geselskap hou.   By nadere ondersoek vind ek hulle is meer bedrewe as ek. Hulle staan waar die mans gestaan het, om die wit bakkie. Die lat praat.  En hulle kyk.  Nie vir die bakkie nie.  Vir die lat wat praat.

38 antwoorde op Jaaaaa….sus.

  1. 🙂

  2. Angelor het gesĂȘ op November 6, 2010

    Ai Lisa, se tog net vir die manne hulle moet BAIE ver wegbly van Jeep af!

  3. TS het gesĂȘ op November 6, 2010

    …en toe klim jy die mure uit?

  4. shlwanjan het gesĂȘ op November 6, 2010

    My buurman is die enigste ou wat ek ken wat ‘n jeep EN ‘n landcruiser in sy garage het {-;

  5. pasella het gesĂȘ op November 6, 2010

    More Lisa! Land Cruiser, dis die een!

  6. lisabeth het gesĂȘ op November 6, 2010

    (-:

  7. lisabeth het gesĂȘ op November 6, 2010

    ‘n Draadsitter dus!

  8. lisabeth het gesĂȘ op November 6, 2010

    Jeep…is dit nou Land Rover Jeep of is dit ‘n Toyota…ek is een van die wat weet watter KLEUR motor iemand besit…

  9. lisabeth het gesĂȘ op November 6, 2010

    Nee, hulle was vir my baie snaaks!

  10. lisabeth het gesĂȘ op November 6, 2010

    More Lewies…Cruiser se jy?

  11. lisabeth het gesĂȘ op November 6, 2010

    More Faansie!

  12. Angelor het gesĂȘ op November 6, 2010

    🙂 Jeep is n maak op sy eie Lisa, Amerikaanse gemors, vra my ek het een..

  13. Angelor het gesĂȘ op November 6, 2010

    🙂 Al rede dat hy nog die Jeep het is omdat hy dit nie verniet weggegee kry nie!

  14. jannel1 het gesĂȘ op November 6, 2010

    Mans en vrouens het inderdaad verskillende persepsies oor rygoed, soos jy hier illustreer…

  15. Balans het gesĂȘ op November 6, 2010

    Lojaliteit hang saam met voorafkeuses.
    🙂

  16. lisabeth het gesĂȘ op November 7, 2010

    Hahahaaaa! Ekke…ek weet nie of ek van daai een sal hou nie…alhoewel…dan kan ek ongebonde heen en weer zirts…sonder m die gebaande wee te volg!

  17. lisabeth het gesĂȘ op November 7, 2010

    Inderdaad wel. Wat se “the powers that be” oor jou kortverhale (Gaan dit verhale / sketse wees?)

  18. lisabeth het gesĂȘ op November 7, 2010

    Ter wille daarvan om die self nie verkeerd te bewys nie?

  19. MÎre Lisa, die jogurt word in plaas van suurroom op die gebakte aartappels gegooi. Dit is moér lekker, trust my!
    🙂

  20. Balans het gesĂȘ op November 7, 2010

    Ek kan nie anders as om dit as ‘n retoriese vraag te sien nie.
    Lekker dag

  21. lisabeth het gesĂȘ op November 8, 2010

    Sal dit moet probeer! Dankie Thomas.

  22. jannel1 het gesĂȘ op November 8, 2010

    Nee dit sal nie sketse wees nie, ek het nooit leer teken nie 🙂

    SĂȘ maar sketserige verhale, soortgelyk aan die twak op my blog.

  23. jannel1 het gesĂȘ op November 8, 2010

    Skuus, ek kry eers more my goed terug van die proeflesertannie. Dan regmaak en dan eers stuur na uitgewer.

  24. Berwick het gesĂȘ op November 11, 2010

    Groete, Lisa.

  25. Hallo Lisa,Daar is nog n model’ Mahindra ‘die manne hier sĂȘ Koelie Cruizer.

  26. Jis Lisa, ek kon die prentjie sien afspeel. Ek is a Pajero girl (ek is so mal oor my poon, sal hom vir ewig wil ry…)
    Maar boeta…die Cruiser is nou ‘n ‘kom ons kyk of ons oor die rofste berg kan ry’ bakkie!
    Lekker….maar net waarskuwing aan die girls…dra maar die sport bra as jy met die ou ry, selfs in die dorp! Goeie aarde die vere op die ding is hard!

  27. PS: ek wonder ook nogal oor die VW bakkie…en hmmm volgende keer as die lang lat daar aankom neem ten minste ‘n fototjie (van agter..nou nie die man expose nie), sal graag wil sien hoe lyk ‘n man wat die girls kan laat om ‘n bakkie staan.

  28. bloukaap het gesĂȘ op November 15, 2010

    so dan is fietsry makliker

  29. jeanne1 het gesĂȘ op November 19, 2010

    Het lekker gelag – dit is so waar! Ek is ‘n Rover girl – moet dit net nie teen my hou nie:) Ek geniet die hele mans-om-die-oop-enjinkap ding. Dit is altyd so kostelik vir my – so asof hulle weet wat daarbinne aangaan – NOT!

  30. Balans het gesĂȘ op November 19, 2010

    Dit skyn my dat julle die nuwe voertuig gaan toets het met ‘n bietjie wegggaan!?

  31. lisabeth het gesĂȘ op November 20, 2010

    Ai, nee. Dit gaan net woes werksgewys!

  32. lisabeth het gesĂȘ op November 20, 2010

    Hallo Blah…ek kan net glimlag en my kop skud!

  33. lisabeth het gesĂȘ op November 20, 2010

    Jy reken?

  34. lisabeth het gesĂȘ op November 20, 2010

    Hmm…ons vierwiel-pelle het ook ‘n pajero…die twee manne kan dus al ‘n handleiding uitgee oor die ooreenkomste en verskille tussen die prado en die pajero!

  35. lisabeth het gesĂȘ op November 20, 2010

    Hallo SA…lanklaas van jou gehoor! Dink nog jy was laas oppad oor die water!

  36. lisabeth het gesĂȘ op November 20, 2010

    Hallo Raymond…dalk sal die “cruiser” deel in die woord ‘n paar manne se harte sag maak?

  37. lisabeth het gesĂȘ op November 20, 2010

    Groete Berwick…

    Ek het een hele muur vol gehang met fotorame…en al wat daarin mag kom is ongewone fotos van ons gewone lewe…amper op ‘n Berwick manier. En alles moet sepia wees.

  38. Balans het gesĂȘ op November 20, 2010

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.