Profile photo of lisa

by

ADHD

November 1, 2010 in Sonder kategorie

Besig om ‘n boek van Helena Bester te vluglees twv Nommer Drie.  Hy toets geniaal in ‘n afdeling of twee.  Hy toets onder die lyn in ‘n paar ander ander.  Hy is anders.  Ipv speel met ou motors en randsnyers en haardroers wat sy Oupa aandra vir hom om uit mekaar te haal, maak hy hulle reg.  Hy het eers op 5 begin praat, en hy sal ‘n ster wees in enige verhaal met die titel “Die wereld deur Nommer Drie se oe”.  Hy het die volwasse gemeenskap aan sy voete.  In die kerk laat ons die manne nie meer toe om voor te sit en vrae te antwoord nie om die rede.  Hy het begin motorfiets (4 wiel) ry toe hy nog in doeke was, maar geweier om te swaai. 

In die middel van ‘n tenniswedstryd staan hy stil en kyk hoe die bal ‘n hoop herfsblare in die lug op hop, en teken dit na die tyd in ongelooflike detail.  Hy begin gewoonlik aan een kant van die papier en teken die voorwerp van ‘n kant af in detail, asof hy bloot die prent wat hy reeds op papier sien se lyne na trek. 

Hy is ‘n vars briesie in my dag. 

Hy bou enige iets uit papier wat moontlik is.  In fyn fyn detail en met baie beplanning.  Hy gaan slaap met ‘n konsep in sy gedagtes (se nou maar ‘n TRex) en staan op en weet presies hoe om die driedimensionele werwels en ribbes en potjies te vorm sodat die ding kan beweeg.  En dit is altyd in proporsie.  Want dit wat hy in sy kop sien sien hy in detail asof hy daaraan kan vat. 

As jy vir hom se rook is sleg vir jou.  Is rook sleg vir jou, behalwe as hy jou verkeerd kan bewys.  En dit beteken hy sal met enige persoon wat rook ‘n ernstige gesprek oor sy longe aanknoop.  Ongeag.  As  jy die dominees is en jy se die lug is blou vandag, en more se jy dit is grys gaan hy baie belangstellend vir jou vra waarom jy dan gister gese het dit is blou.

Oud is oud.

Lelik is lelik.

En hoe verder ek lees oor ADHD (die dromerige tipe) sien ek skrikwekkend baie van myself. Maar so was dit ook in sielkunde.  Elke nuwe versteuring wat ons behandel het, het my aan die wonder gehad.

So.  As ek myself een van die dae vrywillig aanmeld vir Ritalin, moet julle weet dis oor die boek!

19 antwoorde op ADHD

  1. zephur het gesê op November 1, 2010

    ADHD – dromerige tipe…dis ek ook daai

  2. Balans het gesê op November 1, 2010

    No3 is gewoonlik op ‘n eie, ander manier spesiaal –
    No3 is gewoonlik ook meer ekstroverties, spraaksaam en skeppend.
    Elke mens, ongeag geb-pos is anders, maar spesiaal.
    Ons moet daarteen waak om ons uniekheid prys te gee net ter wille daarvan om ander te behaag en te (kan) konformeer.
    Lekker dag

  3. dinkweer het gesê op November 1, 2010

    Ek het hierdie een met belangstelling gelees. Dalk verstaan ek iets daarvan. Onthou jy nog die liriek wat ek eenkeer geplaas het: “Some people say I am a deramer…”

    En dankie dat jy hierin ook so veel van nr 3 se ma vir my vertel…

  4. TS het gesê op November 1, 2010

    oooo jy moenie laat ek begin nie… die goed lê na naby my hart maar sommer diep binne-in. Grinnik… daar is ook baie min sielkundige afwykings/opwykings/binnewykings wat ek nie by myself bespeur het.
    Dankie vir ‘n pragtige blog

  5. Trakie het gesê op November 1, 2010

    Hehehe, ek ken daai wonder oor myself met elke nuwe versteuring.

  6. jannel1 het gesê op November 1, 2010

    Dit maak alles sin, heeltemal helder sin, mits dit sin maak.

  7. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    Jy gee my hoop!

  8. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    Sy uitdagings le nie in konformasie nie, maar in die bereiking van mylpale wat deur die sisteem erken word.

  9. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    Dankie Eaven…ek kan boeke volmaak oor hom!

  10. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    Hi Ekke, ek hoop nie so nie!!

  11. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    EK het eenkeer ‘n naweekkursus bygewoon wat oor okultiese beserings gehandel het, en daarin het hulle gesplete persoonlikhede uit ‘n ander perspektief belig…ek was teen die einde van die kursus op hol aan die binnekant!

  12. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    Gelukkig is ek te besig om te onthou van al die dinge waaraan ek sou kon ly..anders was daar dalk moeilikheid!

  13. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    Korrek!

  14. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    🙂

    As ek darem al sy woordmanewales kon onthou en neerskryf, sal ons familie nog laank bly lag.

  15. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    Rustige nag.

  16. zephur het gesê op November 2, 2010

    ek hoop positiewe hoop

    ek het darem nie so sleg uitgedraai nie…hahaha

  17. lisabeth het gesê op November 2, 2010

    Die vrou by wie hy kuns neem raak liries omdat “because he thinks out of the box”, en dan moet ke haar gereeld herinner dat ons pns bes probeer om hom net min of meer in die boks te kry.

    Ja, dit is tragies. Die wereldsisteem het nie baie genade nie!

  18. Balans het gesê op November 3, 2010

    Lees jy nou voltyds?

  19. Lisa, ons wou ook so graag net normale kinders gehad het.
    Geniet jou nr3 en los hom uit die boks.
    (dink ek)
    xxx

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.