Profile photo of lisa

by

Stokflou gelees aan die Oktober-maand debakel.

Oktober 30, 2010 in Sonder kategorie

En baie dankbaar dat hier manne en vroue is wat hulle se kan se. 

Ek bly maar wonder oor die oermens in ons moderne tyd.  Dalk moet ons net die moderne lewe vaarwel roep en weer oer leef sodat daar nie so baie stremming op gestelle  hoef te wees nie.  (Stres is tog ongesond).

So dalk maar die weg van minste weerstand en verstand volg en gaan waar ons gene ons lei. 

Amper soos ‘waiting for the barbarians’, net klein bietjie anders.

So wat.  Hoekom enigsins bodder om  trou te beloof.  Dis so uitgedien soos flennie onderklere.  Eintlik was dit ‘n groterige misverstand  nog al die jare, want dit beteken toe al die tyd glad nie wat die gefluisterde woorde impliseer nie, dit gaan eintlik oor die rok.  (Come to think of it…dalk was dit ook nie die rok nie.  Beats me blue waaroor dit al die jare gegaan het…seker dan maar die uhm weet nie…ek gee op).  Dalk net die trou uit die troue uithaal en dan is alles hunkey dory en weet almal mooi waaroor dit gaan.  Want rerig.  Ons is bietjie mislei met die hele fairytale ever after storie…dis bietjie ver van die gene af. 

Wat my betref.   Hier is twee klein seuntjies in die huis.  En twee dogters.  En ‘n ma en ‘n pa wat ‘n baie baie duur prys betaal het vir die dinge wat hulle op die harde manier moes leer.  Goeie en slegte dinge.  Diep vrede en vreugde dinge. Maar ook pikswart galbraak seer dinge.

Sal ek ooit blaze kan wees oor speel met vuur.  Jammer, nee, ek kan nie.  Glimlag ek saam oor die skaarsverbloemde seksuele intonasies (en ek bedoel dit nie op ‘n gesonde onskuldige manier nie).  Ook nie, Jammer. Paas the point of impact, (met apologie).   Eers aaaaannnnerdag sal dit weer vir my snaaks wees. But I think not.

As ek dit nie kan doen nie, wil ek dit nie  imagine nie.  (4 kosbare gesiggies flits veral voor my verby).  En as ek dit kan doen – wil ek asb ‘n pro wees (sal baie oefen).

Soooo…wanneer ek nou eendag arriveer en my se se sal ek bogenoemde mooi verwerk en verwoord en pos. Intussen each to his own.

Moet dit dalk tog oorweeg om my blogtitel te fast forward…want net soms voel dit vir my dit gaan maar staaaarig.

19 antwoorde op Stokflou gelees aan die Oktober-maand debakel.

  1. Angelor het gesê op Oktober 30, 2010

    Hahaha ja nee Lisa, wat se hulle in Engels? Marriage is a beautiful institution,.. I’m just not ready to be intitutionalised!

  2. soms dink ek daar is in ons almal nog so klein element van “oerwese”

  3. Goed gese^ Lisa :-))

  4. TS het gesê op Oktober 30, 2010

    Ja dis tog so waar elkeen van ons moet pa/ma staan vir ons eie lewe en daarmee saam dit wat ons sê en wat ons doen

  5. Balans het gesê op Oktober 30, 2010

    Die debakel het skynbaar by my verbygegaan sonder dat ek daarvan geweet het.
    Trounse vir my net wat die woord trou se: getrou.
    Dit begin al in die kinderdae.

  6. Balans het gesê op Oktober 30, 2010

    (Het vanself gepos voor ek klaar was)

    As die aanloop reg was, is die aanpassing al moeilik genoeg! Wat staan nog as dit nie reg was nie.
    Lekker naweek

  7. Hallo Lisa!

  8. Berwick het gesê op Oktober 31, 2010

    Hi Lisa.

  9. Balans het gesê op Oktober 31, 2010

    Lisa, Jy spreek rerig die skadukant van die mens hier aan.
    Die wolf wat ons kies om te voed is die een wat gaan wen!
    Lekker aand

  10. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    More Blaasbalk…se bietjie meer, seblief?

  11. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    Ek dink mens behoort geeksamineer te word voor jy dit aanpak, en voor jy kinders kry!

  12. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    Ja-a…partykeer dink ek die oer is bietjie meer as wat ons in die openbaar wil erken!

  13. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    Ek was eintlik bietjie mislik hier vetelit…maar dankie…ek kan baie goed se maar min goed wat tel goed se!

  14. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    More Tina…het jou onlangs eers raakgelees, en geniet jou inskrywings.

  15. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    More Blaasbalk…jy gee my opdraende met al die konsentrasie wat jou inskrywings verg! Ek was maar bietjie goor toe ke hier geskryf het en effens vererg. Geniet jou week.

  16. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    More Thomas – wat gebeur daar tussen die ketel en die stoep en die kameel en die skerm vandag? (Sal ekstra hard probeer om kort en kratgtig en ingelig te probeer wees met die ouditeur later vanoggend…uit simpatie met jou).

  17. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    Hallo Berwick. Ek kan nie onthou of ek afgesit het voor ek by jou kommentaar gelewer het nie. Sal nou die bang bang band moet in die hande kry…lekker gelees by jou rooi blog. Gaan ‘n film by leeskring bespreek en jou avatar vlugtug voor my sien verbyflits.

  18. Balans het gesê op November 1, 2010

    ‘n Sintese van verskillende (veral sielkundige) studierigtings bring my by:

    Ons elkeen het sterk en swakpunte.
    Duidelik bekendes, verbloemdes, en selfs die wat aan onsself onbekend is.(ens) (3 van Johari se venster se 4 raampies)
    Instink en beredenering is die 2 uiterstes op die 3 breinvlak verdeling= reptiel, soogdier, mens).

    My voorbeeld om dit te illustreer is: Ons elkeen het 2 wolwe: ‘n witte en ‘n swarte.
    Die goeie en die slegte.
    Ons KIES watter een ons kos gee!

    Wat oorheers ons gedagtes?
    Daardie keuse kan elkeen net vir homself maak. (Selfs waar druk dmv wette, beginsels, die gemeenskap met sy waardes, ens op ons uitgeoefen word = Transaksionele Analise se ADULT brein.)
    Sal later ‘n stukkie daaroor op my blog pos.
    Vra gerus as jy nog meer wil weet oor wat ek bedoel.

  19. lisabeth het gesê op November 1, 2010

    Dankie, ek het jou. Ek is geneig om na tweedevlak betekenisse te soek.. Jy se wat jy bedoel en bedoel wat jy se. So ek sal jou so lees.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.