Profile photo of lisa

by

Brug

Oktober 23, 2010 in Sonder kategorie

U was die brug

 

meer as een keer

 

vir my.

 

 

Het ek droogvoets en onbesmet

 

oor kolkende massa en moeras

 

van punt A na B gevorder

 

 

sonder dat my voete aarde raak

 

terwyl my hande voortgaan met sy taak

 

en broodjies maak en klere uitsit

 

wyl my wese in verskrikking skuil

 

en bruglangs vorder

 

van  A na B na C

46 antwoorde op Brug

  1. Hierdie is ‘n brug waarsonder mens nie kan vorder nie

  2. *****

  3. Janklaas het gesê op Oktober 24, 2010

    Mooi geskryf.

  4. TS het gesê op Oktober 24, 2010

    dankie …ja

  5. Balans het gesê op Oktober 24, 2010

    Immanuel! God vir en met ons.
    Halleluja!

  6. Trakie het gesê op Oktober 25, 2010

    Besonders

  7. Stem

  8. dinkweer het gesê op Oktober 25, 2010

    Lisa, jy laat my al meer dink en wonder. Ek dink ek het die afgelope maande jou beter leer ken, maar dan…

  9. Berwick het gesê op Oktober 25, 2010

    🙂

  10. UNPOCO het gesê op Oktober 26, 2010

    Baie mooi en daai foto vertel sy eie storie.

  11. Werk jy hard, hierdie week?

  12. zephur het gesê op Oktober 26, 2010

    Brug langs

  13. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Ek behoort te gaan slaap en niks kommentaar te lewer nie – my oe kyk skeel van moegheid! Watter deel laat jou wonder?

  14. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Dankie Nika

  15. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Naandse Zeppa.

  16. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    “Rof” het ‘n nuwe betekenis gekry vir my die week!

  17. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Daai foto is ‘n merker. Mooi aand vir jou.

  18. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Ber-wick 🙂

  19. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Hallo Kelkie…jou tas al uitgepak?

  20. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Hi DSP…jy praat te gou oor Kersfees…nog ‘n berg om te skuif voor ek daar is! Dinge nou beter by jou (as ek die laaste inskrywing wat ek by jou gelees het reg onthou?)

  21. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Flenters.

  22. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Hi…ek kan vanaand glad nie onthou goe jou vorige avatar gelyk het nie.

  23. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Naandse Blaasbalk.

  24. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Ek hoor daar’s ‘n uitdaging by jou…

  25. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Hallo Eaven…

  26. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Party hardekoppe soos ek moet skynbaar voel en beleef om te glo!

  27. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Naand Tina

  28. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    hi…jou kinders ok na die slegte ervaring?

  29. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    of lewe nie…

  30. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Hoe meer ek van vrouens leer, hoe meer waardeer ek daardie iets wat bly leef en beweeg ten spyte van!

  31. Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010

    Nog nie, maar ons werk daaraan.

  32. lisabeth het gesê op Oktober 26, 2010

    Paar keer vandag aan hulle gedink…vriendin van my gee klas daar.

  33. Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010

    Gawe plek.

  34. dinkweer het gesê op Oktober 26, 2010

    Net daardie deel wat jy Lisa noem… Soms kry ek die indruk dat sy pendel tussen lig en skaduwee…

  35. Baie gese^ met min woorde.
    Puik!

  36. rolienv het gesê op Oktober 27, 2010

    Baie mooi…

  37. lisabeth het gesê op Oktober 27, 2010

    Ek’t dit tog onthou voor jy nog gese het…!

  38. lisabeth het gesê op Oktober 27, 2010

    Lo Ekke. Gaan woes woes. Nes ek dink ek het my limiet bereik word ek verkeerd bewys. Wou blogs lees, maar is al klaar half aan die slaap! En dis ‘n gevaarlike stasie vir my om op te wees…behalwe dat die laptoppie van die bed af kan val…mag ek onder die indruk wees dat ek baie sinvolle dinge kwyt raak terwyl dit loutere twak mag wees!

  39. lisabeth het gesê op Oktober 27, 2010

    Kyk sommer maar net na die lang sinne dan sien jy ek behoort liewer te slaap!

  40. lisabeth het gesê op Oktober 27, 2010

    Dankie Thandi…kom Thandi van die stamwoord “liefde” af?

  41. lisabeth het gesê op Oktober 27, 2010

    Hallo, Vetelit.

  42. lisabeth het gesê op Oktober 27, 2010

    Dankie Nika..

  43. lisabeth het gesê op Oktober 27, 2010

    Ek is te deur die slaap vir ernstige gesprekke, maar kan darem se dat vir my vir wie die prentjie duidelik is dit baie maklik is om te sien hoekom jy so se…jy het fyn waargeneem.

    Wou eintlik gou hier kom se ek het vandag amper hoendervel-vreemde gevoel gekry toe ek e-pos van hoekop van ander mpy ontvang met ‘n paar vrae en reelings op…het eers in my reaksie op die e-pos besef hoe erg die skryfstyl en alles my aan DW herinner. Het maar veiligheidshalwe my antwoord 2x deurgelees voor ek dit gestuur het, net om seker te maak ek antwoord nie per ongeluk in “blogstyl” nie.

    Gaan inkruip. Lekker moeg. Diep rus. Nag.

  44. dinkweer het gesê op Oktober 27, 2010

    Dankie lisa. Lekker slaap.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.