Profile photo of lisa

by

Oor die bok en die cocopops…

Oktober 13, 2010 in Sonder kategorie

Wil soos blits die vertel:

Vriendin, wat saam met ons die bosse in is, se kinders is heelwat kleiner as ons s’n…en sy stoei al vir drie weke om van ‘n lastige grieperigheid ontslae te raak. Sy kry dus minder slaap as ons, en het oor die algemeen nie haar vriendelike self gevoel nie.   Almal het deurgeloop net die hans bok.  Maar ek meer as die res, waarom weet ek nie.  Ek dink hy ruik sommer waar hy moet skoor soek om sy sin te kry.  (Dit sou ‘n ongelooflike navorsingsprojek kon wees – want toe Vriendin se man een keer sy stem dik maak en hom ‘n klap op die boud gee het hy die aftog geblaas, net om in ‘n sirkel te stap en my weer van die agterkant af te kom pla). 

In elkgeval.  Die twee mans het nie ophou gesels van ons daar geland het tot waar ons weer in die beskawing langs die teerpad gegroet het nie…hulle was minder as ‘n nul op ‘n kontrak wat enige iets buiten mekaar se geselskap en die braaivelis betref. 

Toe die bok dus besluit om die jongste enetjie se coco-pops te eet, en in die proses die hele bakkie omgooi, het ‘n effe koorsige vriendin genoeg gehad.  Sy het met hom begin raas soos wat sy met die kinders sou raas…en so in die verbygaan ‘n handoek gegryp om die gemors skoon te maak…teen die tyd dat sy vir die bok se “Kyk nou hoe lyk jy” en die melk en pap van sy lang gesig begin afvee-slaan met die handoek het ek begin lag.   

Omdat die ma in die vriendin, slegvoel ten spyt, eenvoudig nie eers die bok ontsien nie, en omdat die bok dit gedwee aanvaar.

24 antwoorde op Oor die bok en die cocopops…

  1. Balans het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    🙂

  2. shlwanjan het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    {-;

  3. DeViL010 het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    Hehehehe…… te dierbaar, ek sien eintlik die prentjie…… in my minds eye!

  4. TS het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    hehehe… ‘n ma bly maar altyd ‘n ma

  5. net in Afrika gebeur sulke lekker stories…….

  6. bothajs het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    Ek onthou die dag toe my sussie langs my ma in die Spur gesit het en so ewe ingedagte Ma se steak in klein blokkies begin opsny het……soos sy haar seuntjie se vleisies sny.

  7. Berwick het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    😉

  8. Trakie het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    Hehe, kostelik!

  9. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    :-)…hallo Annemari

  10. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    🙂

  11. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    Hallo Klari

  12. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    In retrospeksie en met almal veilig uit daardie twee horings se pad is dit nogal snaaks!

  13. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    :-))

  14. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    Hopelik word mens later weer net ‘mens’.

  15. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    Naandse Monica, ons wag saam julle vir die reen aan diekant…

  16. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    ‘Lo daar Ghaap.

  17. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    Ek het vir lank ook die blokkies brood ding gedoen!

  18. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    Hallo B!

  19. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    ‘Lo Kelkie!

  20. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 13, 2010

    Naand Oupa F!

  21. dinkweer het gesĂȘ op Oktober 14, 2010

    MĂŽre Lisa. Lekker geslaap? Die stukkie nag wat oor was? Interessante inskrywing. Terloops ek het nie bedoel jy moet gaan lees nie. Wou maar net sĂȘ ek is nou eers klaar met die dink wat jy my laat dink het.

  22. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 14, 2010

    More…Slaap is ‘n wondersoete ding!!

    Ek het jou heeltemal reg verstaan – en ek sien regtig uit na die lees, omdat ek waarde heg daaraan.

  23. Balans het gesĂȘ op Oktober 16, 2010

    Selfs die bok voel die moederlikheid agter die raas en afvee-slaan aan!

  24. lisabeth het gesĂȘ op Oktober 16, 2010

    Ek dink hy was stomgeslaan!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.