Profile photo of lisa

by

Worry!

Oktober 8, 2010 in Sonder kategorie

Nommer Twee is angstig.

Selfoongesprekke is kort en kragtig.  Haar aandag nie by ons gesprek nie. Sy bel gereeld maar kort na ‘Hallo Mamma’ verval sy in stilte, en dan ‘Hoe laat is dit nou?’ en dan ‘OK, ek moet nou gaan’.  Vrae wat bly opduik is wat die volgende dag se temperatuur gaan wees, en of enige van die ‘kom haal’ reelings verander het, is dit nogsteeds my rybeurt.    Ek kan nie die gevoel afskud dat sy onnatuurlik optree nie, en dat sy sodra haar kamermaat inkom byna dadelik wil aflui nie. 

Toe ek Woensdagaand laat by die huis kom, half besorg omdat ek nie selfoonopvangs gehad het nie, en daar nie ‘n stemboodskap of sms van haar is nie, hoor ek darem sy en haar pa het lekker lank gesels, en half laggend se hy dit gaan goed met haar. Sy het hierdie week al haar meriete kaarte geruik om so kort as moontlik in die studiesaal te wees, en soveel as moontlik in haar kamer.  (??!!!)   Die gesprek draai in die rigting van ons naweekplanne, en ek druk die vreemde gevoel  so bietjie weg. 

Vanoggend lui sy selfoon net na ses.  Hy is besig op die rekenaar en beduie ek moet antwoord.  Dis Nommer Twee.  “Hallo Mamma, kan ek gou met Pappa praat asseblief, dis dringend”. 

Nommer Twee en haar pa trek op mekaar.  Goed en sleg.  Oorlog tussen hulle is nie ‘n mooi saak nie.  Twee gedetermineerde mense.  Twee doelgerigte mense.  Twee hardekoppe.  Twee sagte harte as dit op die push kom.

Die pa lui af en is dadelik weer gefokus op die syfertjies voor hom.  Die eensydige gesprek wat ek aangehoor het maak nie veel sin nie. 

Ek kry ‘n sms kort na hulle afgelui het.  “Jamr, ms gn..mt Lucy ng voer. xxx”

4 antwoorde op Worry!

  1. shlwanjan het gesê op Oktober 8, 2010

    Kindersgrootmaak is nie vir sissies nie.

  2. en Lucy is…….?

  3. lisabeth het gesê op Oktober 8, 2010

    …baba voeltjie in haar kas…

  4. dinkweer het gesê op Oktober 8, 2010

    Lisa, Jy ken jou kinders. Ek praat as totale buitestander. Ek het sommer gewonder hoekom mense so dikwels dink – wanneer optrede meteens van “die gewone roetine” afwyk – dat iets fout is? Kan dit nie dalk ook postief wees nie? Wonder maar sommer.

    Terloops, die skryf waarmjme ek nog besig is, is nog steeds die “gevolg” van daardie opmerking van jou. Jy sal moet help om op die kommentaar te antwoord!!! Stel jou aan as onbekende onbetaalde sekrataresse!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.