Profile photo of lisa

by

Nr 3 makeer niks

Oktober 8, 2010 in Sonder kategorie

Daar was ‘n verstekeling in haar koshuiskamerkas.

Vandaar die eienaardige gedrag. 

Baba voeltjie gered.  Haar wekkertjie half drie in die oggend laat afgaan om in een van die badhokkies die dingetjie te voer. Een vertroueling moes help wagstaan.  Een toevallige spioen is ingelaat in die reddingspoging, nadat sy amper haar nek gebreek het toe sy oor die badhokkie muur klouter om te sien wat no 3 in die middel van die nag in die seniors se badhokkies maak. Drie klein dogtertjies moes erens pronutro in die hande kry.  En ‘n inspuiting, en boksie wat kan toemaak.   Een pa moes heelweek raad gee.  Een ma weet van g’n sout of water nie, want een pa het aangeneem die ma weet.

Een klein dotertjie is stokflou van ma-speel.

Sy het eenkeer gesien hoe die seuns ‘n baba-vooltjie se nek omdraai.

All’s well that ends well.  (Ek hoop net die klein piep bly leef).

Ons gaan bosse toe die naweek.  G’n sein van enige aard daar nie.  Julle moet mooi naweek hou.  Matigheid voor oe hou, want ek gaan nie!!

8 antwoorde op Nr 3 makeer niks

  1. Druktyd het gesê op Oktober 8, 2010

    10 uit 10 vir drie klein dogtertjies, ‘n ma en ‘n pa! So goed geskryf!

  2. Berwick het gesê op Oktober 8, 2010

    Mooi naweek vir jou ook.

  3. Hoop jy gaan dit oorleef!
    🙂

  4. dinkweer het gesê op Oktober 10, 2010

    Dit is soms die klein mensies wat die begrip “lewe” verstaan. Om met die hart te leef…

  5. zephur het gesê op Oktober 11, 2010

    Hy sal oorleef

    Is so ‘n ruk terug deur die grootmaak van ‘n duif

  6. Ai, wees stil, my hart {-; As mens dink hoe het jy gestres….

  7. lisabeth het gesê op Oktober 13, 2010

    Die voeltjie het stil stil gegaap en heengegaan!

  8. FOXY1975 het gesê op Oktober 26, 2010

    Sjoe, ek’s agter met lees en het nou by die vorige pos begin en gehoop niks ernstig is fout nie… bly om te hoor wat die angstigheid aangebring het!x

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.