Jy blaai in die argief vir 2010 Oktober.

Profile photo of lisa

by lisa

Stokflou gelees aan die Oktober-maand debakel.

Oktober 30, 2010 in Sonder kategorie

En baie dankbaar dat hier manne en vroue is wat hulle se kan se. 

Ek bly maar wonder oor die oermens in ons moderne tyd.  Dalk moet ons net die moderne lewe vaarwel roep en weer oer leef sodat daar nie so baie stremming op gestelle  hoef te wees nie.  (Stres is tog ongesond).

So dalk maar die weg van minste weerstand en verstand volg en gaan waar ons gene ons lei. 

Amper soos ‘waiting for the barbarians’, net klein bietjie anders.

So wat.  Hoekom enigsins bodder om  trou te beloof.  Dis so uitgedien soos flennie onderklere.  Eintlik was dit ‘n groterige misverstand  nog al die jare, want dit beteken toe al die tyd glad nie wat die gefluisterde woorde impliseer nie, dit gaan eintlik oor die rok.  (Come to think of it…dalk was dit ook nie die rok nie.  Beats me blue waaroor dit al die jare gegaan het…seker dan maar die uhm weet nie…ek gee op).  Dalk net die trou uit die troue uithaal en dan is alles hunkey dory en weet almal mooi waaroor dit gaan.  Want rerig.  Ons is bietjie mislei met die hele fairytale ever after storie…dis bietjie ver van die gene af. 

Wat my betref.   Hier is twee klein seuntjies in die huis.  En twee dogters.  En ‘n ma en ‘n pa wat ‘n baie baie duur prys betaal het vir die dinge wat hulle op die harde manier moes leer.  Goeie en slegte dinge.  Diep vrede en vreugde dinge. Maar ook pikswart galbraak seer dinge.

Sal ek ooit blaze kan wees oor speel met vuur.  Jammer, nee, ek kan nie.  Glimlag ek saam oor die skaarsverbloemde seksuele intonasies (en ek bedoel dit nie op ‘n gesonde onskuldige manier nie).  Ook nie, Jammer. Paas the point of impact, (met apologie).   Eers aaaaannnnerdag sal dit weer vir my snaaks wees. But I think not.

As ek dit nie kan doen nie, wil ek dit nie  imagine nie.  (4 kosbare gesiggies flits veral voor my verby).  En as ek dit kan doen – wil ek asb ‘n pro wees (sal baie oefen).

Soooo…wanneer ek nou eendag arriveer en my se se sal ek bogenoemde mooi verwerk en verwoord en pos. Intussen each to his own.

Moet dit dalk tog oorweeg om my blogtitel te fast forward…want net soms voel dit vir my dit gaan maar staaaarig.

Profile photo of lisa

by lisa

Moe’nounie julle beste stories uitpak die volgende paar dae nie – bere bietjie vir later – wanneer ek weer tyd het vir lees.

Oktober 28, 2010 in Sonder kategorie

Ken julle daai flikkering so aan die rand van jou sigveld…waar die lig  in ferm patrone opbreek in ‘n spektrum kleure.

Daai een is hier by my vanmore. 

Wou nog anderdag se ek et nie ‘n eerste paragraaf in ‘n boek wat my gunsteling is nie, maar T S Elliot se “Murder in the Cathedral” eindig min of meer so:

“The last temptation was the greatest treason: to do the right deed but for the wrong reason.”

Profile photo of lisa

by lisa

Gaaaaaap….

Oktober 27, 2010 in Sonder kategorie

  • Wou lees, rerig…by almal en van alles…maar die brein en die oe en die hanne willie meer saamwerk nie
  • Waar’s Anha?  Ek wou MOB fodies kyk?
  • Kyk Susanna van Biljon…daars ‘n paar mense en plekke daarop
  • Wat wou ek nou weer se?

Ek is poegaai…Nag Almal.  Soet slaap.

Profile photo of lisa

by lisa

Brug

Oktober 23, 2010 in Sonder kategorie

U was die brug

 

meer as een keer

 

vir my.

 

 

Het ek droogvoets en onbesmet

 

oor kolkende massa en moeras

 

van punt A na B gevorder

 

 

sonder dat my voete aarde raak

 

terwyl my hande voortgaan met sy taak

 

en broodjies maak en klere uitsit

 

wyl my wese in verskrikking skuil

 

en bruglangs vorder

 

van  A na B na C

Profile photo of lisa

by lisa

Die raakgelees, en dit se sommer namens my, alles wat ek dalk sou wou se vandag.

Oktober 18, 2010 in Sonder kategorie

MY KINGDOM

 

A little kingdom I possess,

Where thoughts and feelings dwell;

And very hard the task I find Of governing it well…

I do not ask for any crown But that which all may win;

Nor try to conquer any world

Except the one within.

Louisa May Alcott

Profile photo of lisa

by lisa

One liners (two, maybe three)

Oktober 16, 2010 in Sonder kategorie

Daar het ‘n nuwe era in my bloglewe aangebreek. 

Ek verwys na die kort opdaterings oor my doen en late.

Ek onthou nog ek het ‘n rukkie gelede my baie gevoel in ruil aangebied vir bietjie brein (en goeie aanbiedinge gekry ook).

Nou het ek blykbaar die gevoel deel ook bietjie verloor (Of dalk is my keel en my kop net seer en ek bietjie moeg).

Ek kondig dus aan dat ek nou ‘n skaaptjoppie met ‘n crisp randjie en die res van die clan gaan nodig he om bietjie woema in die nie-so-lekker-lyf-nie in te blaas.

Kort en kragtig blog is lekker.

Maar eintlik dink ek dis die weer wat opsteek al ‘n paar dae lank.  Die magteloosheid in “magteloosheid” is die enigste gedeelte van die begrip waarmee ek ‘n probleem het.  Die res is fine.

Lisa signing off.

Nite.

Profile photo of lisa

by lisa

Blop

Oktober 14, 2010 in Sonder kategorie

Daar is ‘n paar dinge waaraan ek werklik dringend moet aandag gee:

  1. Die kantoor kan sonder ‘n watermasjien klaarkom.
  2. Die fondsinsameling vir die watermasjien is besig om ‘n nuwe sportsoort te word.
  3. Ek gaan in ‘n blop verander as ek die nuwe sportsoort bly ondersteun
  4. Energie IN vra energie UIT
  5. Ek gaan in ‘n blop verander indien ek punt 4 ignoreer.
  6. Blog verbrand nie energie nie.
  7. Blop…blop…blop…
Profile photo of lisa

by lisa

Oor die bok en die cocopops…

Oktober 13, 2010 in Sonder kategorie

Wil soos blits die vertel:

Vriendin, wat saam met ons die bosse in is, se kinders is heelwat kleiner as ons s’n…en sy stoei al vir drie weke om van ‘n lastige grieperigheid ontslae te raak. Sy kry dus minder slaap as ons, en het oor die algemeen nie haar vriendelike self gevoel nie.   Almal het deurgeloop net die hans bok.  Maar ek meer as die res, waarom weet ek nie.  Ek dink hy ruik sommer waar hy moet skoor soek om sy sin te kry.  (Dit sou ‘n ongelooflike navorsingsprojek kon wees – want toe Vriendin se man een keer sy stem dik maak en hom ‘n klap op die boud gee het hy die aftog geblaas, net om in ‘n sirkel te stap en my weer van die agterkant af te kom pla). 

In elkgeval.  Die twee mans het nie ophou gesels van ons daar geland het tot waar ons weer in die beskawing langs die teerpad gegroet het nie…hulle was minder as ‘n nul op ‘n kontrak wat enige iets buiten mekaar se geselskap en die braaivelis betref. 

Toe die bok dus besluit om die jongste enetjie se coco-pops te eet, en in die proses die hele bakkie omgooi, het ‘n effe koorsige vriendin genoeg gehad.  Sy het met hom begin raas soos wat sy met die kinders sou raas…en so in die verbygaan ‘n handoek gegryp om die gemors skoon te maak…teen die tyd dat sy vir die bok se “Kyk nou hoe lyk jy” en die melk en pap van sy lang gesig begin afvee-slaan met die handoek het ek begin lag.   

Omdat die ma in die vriendin, slegvoel ten spyt, eenvoudig nie eers die bok ontsien nie, en omdat die bok dit gedwee aanvaar.

Profile photo of lisa

by lisa

Nr 3 makeer niks

Oktober 8, 2010 in Sonder kategorie

Daar was ‘n verstekeling in haar koshuiskamerkas.

Vandaar die eienaardige gedrag. 

Baba voeltjie gered.  Haar wekkertjie half drie in die oggend laat afgaan om in een van die badhokkies die dingetjie te voer. Een vertroueling moes help wagstaan.  Een toevallige spioen is ingelaat in die reddingspoging, nadat sy amper haar nek gebreek het toe sy oor die badhokkie muur klouter om te sien wat no 3 in die middel van die nag in die seniors se badhokkies maak. Drie klein dogtertjies moes erens pronutro in die hande kry.  En ‘n inspuiting, en boksie wat kan toemaak.   Een pa moes heelweek raad gee.  Een ma weet van g’n sout of water nie, want een pa het aangeneem die ma weet.

Een klein dotertjie is stokflou van ma-speel.

Sy het eenkeer gesien hoe die seuns ‘n baba-vooltjie se nek omdraai.

All’s well that ends well.  (Ek hoop net die klein piep bly leef).

Ons gaan bosse toe die naweek.  G’n sein van enige aard daar nie.  Julle moet mooi naweek hou.  Matigheid voor oe hou, want ek gaan nie!!

Profile photo of lisa

by lisa

Worry!

Oktober 8, 2010 in Sonder kategorie

Nommer Twee is angstig.

Selfoongesprekke is kort en kragtig.  Haar aandag nie by ons gesprek nie. Sy bel gereeld maar kort na ‘Hallo Mamma’ verval sy in stilte, en dan ‘Hoe laat is dit nou?’ en dan ‘OK, ek moet nou gaan’.  Vrae wat bly opduik is wat die volgende dag se temperatuur gaan wees, en of enige van die ‘kom haal’ reelings verander het, is dit nogsteeds my rybeurt.    Ek kan nie die gevoel afskud dat sy onnatuurlik optree nie, en dat sy sodra haar kamermaat inkom byna dadelik wil aflui nie. 

Toe ek Woensdagaand laat by die huis kom, half besorg omdat ek nie selfoonopvangs gehad het nie, en daar nie ‘n stemboodskap of sms van haar is nie, hoor ek darem sy en haar pa het lekker lank gesels, en half laggend se hy dit gaan goed met haar. Sy het hierdie week al haar meriete kaarte geruik om so kort as moontlik in die studiesaal te wees, en soveel as moontlik in haar kamer.  (??!!!)   Die gesprek draai in die rigting van ons naweekplanne, en ek druk die vreemde gevoel  so bietjie weg. 

Vanoggend lui sy selfoon net na ses.  Hy is besig op die rekenaar en beduie ek moet antwoord.  Dis Nommer Twee.  “Hallo Mamma, kan ek gou met Pappa praat asseblief, dis dringend”. 

Nommer Twee en haar pa trek op mekaar.  Goed en sleg.  Oorlog tussen hulle is nie ‘n mooi saak nie.  Twee gedetermineerde mense.  Twee doelgerigte mense.  Twee hardekoppe.  Twee sagte harte as dit op die push kom.

Die pa lui af en is dadelik weer gefokus op die syfertjies voor hom.  Die eensydige gesprek wat ek aangehoor het maak nie veel sin nie. 

Ek kry ‘n sms kort na hulle afgelui het.  “Jamr, ms gn..mt Lucy ng voer. xxx”