Profile photo of lisa

by

tjok en blok

September 26, 2010 in Sonder kategorie

My kapasiteit om lief  te he is vol.  Daar is nie meer plek vir ‘n muis of ‘n mens nie.  Oppelalla.  Finis.

  

Die versameling liefgehedes in my lewe is nie indrukwekkend lank nie.  Maar dit is for life.  En dis nie altyd gemaklik nie.  Koes en keer het die lys nie beperk tot die very nearest en dearest nie…so hier en daar elke dekade glip ‘n onwaarskynlike kanidaat deur die doane …en dan is dit tiekets.  Koeel deur die kerk.  For keeps.

En as een van hulle weggaan

In gevaar is

Ongemak beleef

Nie kontak het vir ‘n tyd nie

Ly ek

En suffer ek

En verlang ek

En hoop ek

En wag ek

En bid ek

Tot dit voel of dit ‘n fisiese aanslag teen my lyf is…hier oor my middelrif …en soms hier deur my hart

  

Nugter weet wat die adevertensie bedoel as hulle se “Looking for love? Meet thousands.  Sms LOVE to 123321”  Hulle koppe kap aan.  Big time.

12 antwoorde op tjok en blok

  1. Dit omdat jy ‘n hart het!

  2. TS het gesê op September 26, 2010

    Dan is daar ernstig fout met my… ‘n paar van my liefdes is for keeps maar die res kan kom en gaan en so paar het wragtag weer teruggesluip…

  3. hmmm…dalk moet ek kyk na my definiesie van liefde…want teen die tyd dat ek daardie woord gebruik is dit onmoontlik om dit te “undo”.

  4. ek is seker ek het definisie nou verkeerd gespel…!

  5. Hallo Annemari…!

  6. ‘n Hart is ‘n ongemaklike ding, soms. En liefhe is ‘n onverklaarbare affere.

  7. Jong, die mense sê jou hart moet soos ‘n taxi wees, altyd plek vir nog ene

  8. Geniet die see!

  9. Taxi => (Genuinely) full.

  10. Dit is so. Maar dit is ‘n hart wat ‘n mense die lewe met sy pyn en sy vreugde in diepte laat beleef. Wat keer dat jy nie bo-oor die lewe leef nie!

  11. 🙂 Naandse Flenters.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.