Rooimiere.
September 20, 2010 in Sonder kategorie
Vanoggend die verste 300km ooit gery.
Weggetrek in die donker.
Milo gedrink
RSG geluister
Lugversorger koud op my laat waai
Vaker gevoel
Yogetta begin suig
Musiek aangesit
Ysblokkies gesuig om te probeer wakker bly
Gebibber
Gekyk hoe die dag gebore word
RSG weer probeer
My ma gebel
Neute geeet
Steers geeet
Vriendin gebel
Sjokolade geeet
Naar gevoel
Baie slegte soet koeldrank gesuig
Ander vriendin gebel
Met my knie begin bestuur en hare in nuwe styl met knip vasgemaak
Gewonder of ek sal kan blog en bestuur
Saam die radio gesing
Gewens daar was nog ys
Mnrlisa gebel
Gese ek is naaaaar geeet
Gewens die pad wil nou klaarkry
Arms gestrek
Bene gestrek
Rug gestrek
Gewens ek het water in die kar
Iemand opgelaai wat ek ken
Iemand weer afgelaai
Begin rondskuif op die sitplek
Venster oopgedraai
Mnrlisa gebel en gese die pad het nie einde nie
Water gekry en gedrink en gedrink
Gedink opgooi gaan al wees wat nou kan help
Gesien ek is amper daar
Moed geskep
Gewens ek hoef nie weer die hele ent pad Donderdag aan te durf nie.
Besluit ek word ‘n huishen
zephur het gesê op September 20, 2010
Maar jy het omtrent gepeusel…
rosiemetdorings het gesê op September 20, 2010
jy moes vir jou geselskap gereël het.
Het op ‘n stadium so alleen van Port Elizabetn na die Kaap gery. Hond dan by my ingelaai
Berwick het gesê op September 20, 2010
Hi, Lisa.
dinkweer het gesê op September 20, 2010
As ek so reg tel, het jy min of meer elke 7,14 kilometer iets probeer doen. As ek vaak word, soek ek veilige stilhou plek en sit net so vyf minte en slaap! Maar met daardie knie bestuur…
lisabeth het gesê op September 20, 2010
Ek het vergeet om te se ek het stilgehou en om die motor geloop. Te bang om so langs die pad te sit en slaap…maar so vaak bestuur ek nooit weer nie…dit was baie erg!
lisabeth het gesê op September 20, 2010
Hallo Berwick…!
lisabeth het gesê op September 20, 2010
Ek was hopeloos vaak vanoggend…en plaas van slaap le ek nou en blogs lees!
lisabeth het gesê op September 20, 2010
Jy stel dit so sagkens dat ek sommer vir jou
n ster gee vir jou kommentaar!
lisabeth het gesê op September 20, 2010
Nee…Klaasvakie…!