Profile photo of lisa

by

Go Sebastiaan!

September 18, 2010 in Sonder kategorie

Hy het hier begin werk toe hy sestien jaar oud was, nege jaar gelede.  (Nee, ek weet ook nie hoe hy op sestien deur die sisteem geglip het nie).  Voorbok van al wat moelik en moelikheid is.  Sterk leierseienskappe wat hom gereeld op al wat komitee is laat beland.

Ons bring baie wrewelrige ure in mekaar se geselskap deur, gewoonlik aan twee kante van die tafel.  Ek is vasberade om sy kop te swaai, hy is vasberade om al wat grens is uit te daag.  Wanneer hy hom vasloop in ‘n muur van teenstemme storm hy bewend uit die vergaderingsaal. 

Ons stoei voort.  Somtyds gaan ons ‘n paar tree links en soms ‘n paar tree regs.  Per geleentheid verbeel ek my ons gaan vorentoe – maar hy sou dit dalk regressie noem.

En toe op ‘n dag verander iets in hom. Hy weier nie meer om kursusse by te woon nie.  Hy begin luister na teenargumente en soek die swakplekke daarin.   Hy wend ‘n reuse poging aan om sy humeur te beteuel.  Hy begin glimlag.  En hy begin sy sin kry, want sy bydraes raak sinvol.

Ek is vertel dat hy die dag toe die sportklere gearriveer het die pad dopgehou het, en dat hy  toe die voertuig voor die kantoor stilhou, saam met hom daar aangekom het, uitasem en natgeweet.   En dat hy geweier het om terug te gaan werk toe voor hy nie die nommer dertien rugby trui in sy hande gehou het nie.

Vandag het hy hier by my kantoor ingekom en tot langs my stoel gestap, my in die oe gekyk en gese hy wil ‘n lening aangaan. Voor ek vir hom kom se hy moet ‘n leningsvorm invul se hy vir my hy sal ‘n leningsvorm invul, maar hy het net vir my kom se hy gaan vir homself borg staan. 

Ons het mekaar ‘n rukkie in die oe gekyk voor ek vra van wanneer af mens vir jouself borg staan.  “Vandat mens in jouself glo en weet jy is betroubaar” was sy antwoord.

Nou ja.  Sy lening gaan voorkeurbehandeling kry.  En hierdie naweek skree ek nie vir die Bokke of die Bulle of die Haaie of die Kraaie nie, ek skree vir Sebastiaan in sy groen en rooi nommer 13 trui.

13 antwoorde op Go Sebastiaan!

  1. TS het gesê op September 18, 2010

    Ek het sommer ‘n knop in die keel Dankie vir die mooi blog!

  2. As so ou die regte rigting inslaan gaan hy ver kom.
    Skree vir hom!

  3. Hallo Lisa Dit is mooi geskryf.

  4. Trakie het gesê op September 19, 2010

    Nice!

  5. Hallo Woer-woer.

  6. Dankie Kelkie…

  7. Hallo Raymond, dankie.

  8. Dit was lekker om te beleef!

  9. Sal maar my sterre bere vir ‘n reeneringe dag, dankie Therina…dalk help dit met daai vreeslike sms van jou!

  10. Ag, ek hoop ook hy beleef dit…anders beteken dit ek het vir hom gejok!

  11. Ek ook Ghaap, ek ook!

  12. Naand () Flenters.

    Eintlik het ek besluit om die () te laat vaar…caprice?

  13. Hallo Tina…geniet jou aand!

Los ’n antwoord vir rosiemetdorings. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.