by

Wiele – myne!

September 1, 2010 in Sonder kategorie

Dis lentedag en ek is die trotse nuwe eienaar van ‘n liewe lelike maroooooooon 230 000 km oue prado.

Hy voel of hy van yster gemaak is.

Hy het genoeg batterye en brandstoftenke en metertjies en pype en goetertjies om my dwarsdeur enige staking en bo-oor enige berg te neem.

(Mnr Lisa moet net vir my ‘n katrol-ding vooraan sit…as ek dan iewers in ‘n sloot beland, kan ek my sommer self aan die naaste boom uitkatrol).

Het ek gese hy is maroooooon?

Nou gaan ek vlieg oor die klippe en laat waai deur die modder   (ok, ek sal stadig deur die modder twv die ou marooooone se algemene welstand, maar ek gaan laat waai oor die klippe. Yeah!)  Ek het al hoeveel keer na ‘n noue stert-verby-die-neus ontkoming gedink hoe ek eendag die gemiddelde vrou sal ore aansit op ‘n modderpad, en op ‘n gruispad, en op ‘n sinkplaatpad (maar lg sal ‘n baie baie aantreklike beloning moet inhou).

Die heel ergste wat ek al ooit beleef het was toe ‘n slimmie so wit laag poeierige sogenaamde gruis op van ons paaie ingery het…dit sou glo kliphard vastrap…maar toe reen dit.  Dit was ‘n absolute nagmerrie!  Swaartekrag alleen was genoeg om enige voertuig te laat bveweeg.  Enige helling na enige kant van die pad toe het beteken jy gly, of jy nou ry of stilstaan of rem of draai of watookal.  Enigste ou wat daardie stuk gery het was mnr Lisa…en ek dink daar was baie meer genade aan sy kant as enige vernuf…die res van ons (manne en vroue) het voertuie weerskante gehad, of sommer net weggebly.  Selfs stap was ‘n groot gemors en gevaarlik!

Die groot grap vir my is die feit dat ek nie baie opgewonde was oor die maroon een nie (maroooooon!)…daar is baie mooi wittes en silweres en nuweres (heelwat nuweres!!) beskikbaar…maar dis hier te kort en daar te lank, en mnr Lisa het my al my dae gegee met al die baie voordele van die spesifieke een.  En toe kruis die eienaar toevallg ons pad (hy het ‘n 200km draai gery om dit reg te kry), en daar raak ek sommer dadelik verlief op die lelike yster.  Hy is sterk en laat my veilig voel.  En toe se ek JA.

En nou is my liewe man teleurgesteld (nadat hy al die moeite gedoen het om my te oortuig), want daardie een is oud en rerig nie die mooiste man op 4 wiele nie.  Heimlik dink ek hy is jammer die jagtog vir hom en sy pelle is nou verby…want al wat leef en beef het help soek.

Soooo.  Julle moet lekker slaap.  Ek slaap vanaand in my bed…maar ek dink ek en die seuns moet een aand die nuwe banke uittoets…net ingeval ons iewers vasval en moet oornag!

Lekker slaap… Lisa

24 antwoorde op Wiele – myne!

  1. Geluk Lisa!
    Dis die wonderlikste voertuig ooit.
    Jy sal nie spyt wees nie, nevvermaaind die kleur.

  2. Ek verneem ‘hy’ … ek sou dog dis ‘n ‘sy’ …is maroooooon!
    :-))

    ps- baie baie geluk … mens word gou gewoond aand die dorstige geaardheid …

  3. Berwick het gesê op September 1, 2010

    Netjies!

  4. Beny jou die lekker kragtige 4X4. Sou vreeslik graag die agterpaadjies wou gaan ontmoet, maar nie met ons gewone voertuig!

  5. Dankie Lou…ek moet glimlag oor die kleur, want soveel dinge waarop ek al regtig neergesien het het my al getref…en dat ek nou sowaar die dag gaan beleef dat ek self so ‘n kleur voertuig het!!! Nog so ou lessie vir my!

  6. Hallo DSP… die een is ‘n ‘hom’… dis nie mooi om ‘n lelike, groot en sterk ‘sy’ met ‘n goeie binnekant te he nie…maar dis ok as ‘n man lelik is, solank hy groot en sterk met ‘n goeie binnekant is…

    Sien..dissi hy!

    O ja…oor die vis-gewoonte…ek kan vir jou ‘n laaaaang lys goeters opnoem wat glo gaan opmaak vir die baie diesel…van die bande wat langer hou tot by die waarde wat nie meer kan val nie…all is fair in love 4 cars!

  7. Hm!! Ek dink ok so. 🙂

  8. Issi “hy”…ek gaan dankie Eaven. Ek hoop nou maar net nie ons persoonlikhede bots nie, he-he, ons ken mekaar nog nie baie goed nie!

  9. JIP…en onbehoorlik plesierig daaroor!

  10. Nee jong Roosdoring…agterpaaie en gewone motors is nie goed vir mekaar nie…vra my. Eendag kan jy maar met my Maroooone hier by ons kom rond bokspring op die agterpaaie!

  11. :-))

  12. :-)…Lekker slaap.

  13. Nou kan jy lekker die pad aandurf waar jy eers gesukkel het as dit reen.

  14. Nou moet dit nog net reen!!

  15. Ek dink ek slaap nogstees! :-O!

  16. Ek sal bietjie so maak…ons gaan hom netnou haal!

    Hoeveelste dag is dit vir jou?

  17. Hier jy! Baie geluk! Many happy miles for you !

  18. Ek is terug uit die Suid-Kaap – Knysna. Het marooooooooooooooooooooon iets te doen met die geluid wat jou spoggerige nuwe ryding maak, of verwys dit na sy kleur? Geluk en voorspoed oor die berge.

  19. mooi so

  20. 14!!!!!!!!!!!!!!!!! Mooi! Ek het 14 dae gelede amptelik begin om hierdie ekstra kilo’s weg te werk…en ek is vandag amptelik 3.5kg ligter.

  21. ….uhm…hy’s ma lelik!

  22. Hy is maroon! Sjoe, ek gaan op jou spore ry…is oppad Plet toe vanaand, en more tot in Gouritz.

    En in Knysna was jy 10 km van ons af as jy oor die berge vlieg!

  23. Dankie Klarisa…!

  24. …dis net waarvoor ek wag…iemand wat vra!!

Los ’n antwoord vir bloukaap. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.