Profile photo of lisa

by

Stilte

Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie

Met KOKOMO se uitdaging so in my agterkop, en na die lees by Sonneblom vanoggend, is ek stil bewus van die vrede in my. 

 

Vrede en dankbaarheid en werklike verwondering.

 

Wat noem mens iemand wat nie aan predikante glo nie, wat skepties is oor godsdiens, die kerk, die meeste boodskappies van hoop, lankal nie meer die gemeente-ding doen nie, en tog weet dat sy weet dat sy weet…

 

…en haar verwonder aan die Vader wat haar stil en sterk tot hier gebring het, verby en oor elke onoorkombaarheid. 

 

Hy het my gewys. 

 

En ek kan Hom nie ontken nie. 

14 antwoorde op Stilte

  1. Ek soek ook ‘n woord vir so iemand……

  2. Ek noem jou bevoorreg en geseënd.
    Hierdie kant ervaar ek so van tyd tot tyd dieselfde emosies

  3. Wat noem mens so iemand?

    ‘n Opregte Mens.

  4. Hallo Monica.

  5. More Maankind…jy het my baie lekker laat lag met jou Vriendinne-uittapsessie gisteraand!

    Uitt r ap ….my RRRRR is bedons!

  6. More Annemarie…ek is bly!

  7. More Rosie…

  8. Dankie Natasha.

  9. More Shlwanjan.

  10. More Tronkie.

  11. More ()Flenters. EK hoor.

  12. zephur het gesê op September 1, 2010

    Heerlike Lentedag vir jou Lisa

  13. Middag Murphy…dankie.

  14. En vir jou Zeppie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.