Profile photo of lisa

by

Daai vinger.

Augustus 29, 2010 in Sonder kategorie

Ek staan en kolwyntjies versier saam met Nommer Drie vir sy rygby-afluiting van more, toe die volgende gebeur.

“Mamma dit beteken mos nie iets leliks as ‘n vrou haar middelvinger wys nie?”

Ek verduidelik dat dit presies dieselfde betekenis het, maak nie saak aan watter geslag die vinger behoort nie.

“O, maar dan beteken dit seker iets hoer (kolletjies op die e)op by ‘n vrou?”

Ek sukkel om oor te skakel van die nege provinsies wat ons besig is om tussen die versierdery te hersien na die erns van die oomblik.  “Huh? – hoe bedoel jy?” wil ek weet.

“Dit kan mos nie iets leliks beteken by ‘n vrou nie Mamma, want hulle het mos nie Mamma weet wat nie, dis dan seker maar net soos vloek vir hulle.”

Ek strompel heel onvoorbereid en met verdeelde aandag deur die res van die gesprek, ons maak ‘n draai by kinders wat dit gebruik sonder dat hulle mooi weet wat dit beteken, en ander wat presies weet en so aan en so voorts.  Glad nie lus om in die grafiese detail te verval en nie, maar baie bewus daarvan dat dit eintlik al antwoord is wat die misterie rondom die vinger kan oplos.

Saam met die laaste versiersuiker wat hy met ‘n voorvinger uit die bak vee is sy gevolgtekking:  “Ek dink dis baie lelik om dit te wys, maar net nie as jy ‘n vrou is nie, want Mamma weet mos hoekom, en ook nie as jy ‘n biker is nie, dan is dit cool!”

18 antwoorde op Daai vinger.

  1. daai vinger daai vinger
    het al menigte van ons woes laat verduidelik
    glo my, met my oudste twee wat opgegroei het op die polisiestasie se stoepe was dit onvermybaar dat hul dit sou optel en ja het ek ook menigte kere my koplaat sak en besef hoe vinnig hul die verkeerde dinge op die verkeerde plekke kan leer en gebruik,…..
    geniet die kolwyntjies

  2. kinders het ‘n manier om ‘n ding te beredeneer…..

  3. Daai vinger tog!
    Dis oulik hoe jy jou kind leer.

  4. ë alt 137 . Moeiliker op laptop want numlock moet eers aan wees.

  5. aeht1 het gesê op Augustus 30, 2010

    Ai, ai die vingertaal tog

  6. Trakie het gesê op Augustus 30, 2010

    Ek ook nie, Annemari!

  7. zephur het gesê op Augustus 30, 2010

    Kinders sien die wêreld uit ander oë

  8. Hallo maghitta…nee, daai kolwyntjies moet so gou moontlik hier uit…ek probeer hard om soetigheid te ignoreer!

  9. Nugter weet…ek ook nie!!!!

  10. Hallo Ghaap…Jy moet mos vir ons al die antwoorde kan gee in ‘n neutedop!

  11. …wat grootmense soms dronkslaan!

  12. Om die bak uit te lek met sy vinge en nie sy tong nie…:-)

  13. Dissi laaaang proses!

  14. Die ma en die seun deel nie dieselfde sentiment nie…jy het ‘n vreeslike uitdaging bedink…kon dit glad nie makliker gewees het nie Kokomo?

  15. Ja’k…dit is ‘n saak!

  16. Hallo Zeppie…ek weet nou nogsteeds nie of jy van werk verander het of nie! Iemand het – en ek het gedink dis jy – want ek wil vra of jy nou al ingeburger is!

  17. zephur het gesê op Augustus 31, 2010

    Nee ek sit nog by selfde ou werk…

    Geen verandering in daai deel van my lewe nie…

  18. !! Ek gee op – dis hoekom jy niks se van hoe dit daar gaan nie! he-he

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.