Profile photo of lisa

by

Mymering

Augustus 26, 2010 in Sonder kategorie

Net hier, in die stofpad, het ek gesit die eerste keer toe jy gebel het.

Ek was besig op my laptop.  Gesukkel om die kragaffere-boksie-ding met die drade en die motor se battery gelyk aan die gang te hou, sodat ek kon werk, terwyl ek sit en wag.

En hier is die afdraai waar jy gestaan en wag het dat ek jou moet kom haal.  Jy het voor teen jou motor geleun.  Ek wou weet of jy nie bang is nie, en jy het geantwoord as ek mooi luister sal ek hoor die enjin luier nog.

Jy wou weet van God.   Jy was tergelykertyd ‘n groot stilte en aanhoudende beweging.   En jou hare was lank.

Ek het jou alles vertel wat ek op daardie stadium geweet het. 

En jare later het ek vir jou die stofpad kom wys.  En die berg.  En die bos.

Vandag moes ek in die einste stofpad ‘n driepunt draai maak, dis was nader aan tien,  sodat ek kon teruggaan op die spoor waarmee ek gekom het.

En toe wonder ek of jy nog onthou. 

7 antwoorde op Mymering

  1. Daar is so baie dinge in die lewe waaroor ons maar net sal aanhou wonder

  2. Berwick het gesê op Augustus 27, 2010

    Hi Lisa.

  3. Hi B…hoop jy en Niggie droom mooi drome vanaand.

  4. Hallo Rosie…mooi naweek!

  5. Lisa dit is vreeslik goed geskryf. Ek het so ‘n nostalgiese gevoel gekry terwyl ek dit gelees het, tewyl my verbeelding op loop gegaan het oor die ‘jy’. Stunning! Hoop dit gaan goed met jou.

  6. Hallo Annemari…dit lyk my regtig om 40 te word het een of ander wonderkuur daarin…want dit gaan goed, dankie.

  7. Hallo S! Lanklaas van jou gehoor. Dankie…ek is bly om te se ek kan ook met nostalgie terugdink en sonder enige gewetenswroeginge. En glimlag oor daai stuk pad.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.