by

@pruimtwak – mos

Augustus 19, 2010 in Sonder kategorie

Die boetvaardige soet van die mos op my broodjie

le bitter en wrang en jarelang

in my gemoed

Soenoffersoet het dekades gelede mos

onskuld verloor

in die tyd wat dit neem vir die wonde om te heel

op oog op lyf op hart

Ek het jou mos gese

los maar die konfyt

dis te laat vir soet om te boet

vir dit wat mos uit jou beker gevloei het.

15 antwoorde op @pruimtwak – mos

  1. louisna het gesê op Augustus 19, 2010

    Mooi, maar ek lees ‘n stukkie hartseer raak.

  2. zephur het gesê op Augustus 19, 2010

    Los maar die konfyt…bring die jam

    Ja ek stem saam met Ekke…jy is skaars

  3. soos ons innie 70’s innie Kaap gesê het; dieper a blouberg! baie mooi

  4. Lisa, ek bly wonder. Maande lank al. En ja, ek doen… (wat jy vir my geskryf het). Ek wens…

  5. Dit is altyd ‘n hartseersaak as so iets gebeur, Ouboet.

  6. Hallo Ekke…ek dog dan goeie goed is skaars? 🙂

  7. louisna het gesê op Augustus 19, 2010

    Hartseer maak mens volwasse.

  8. Hallo Zeppie – pas deur nog ‘n oudit…so bietjie gewerk!

  9. Pragtige bittersoet vers, Lisa’tjie …XX

  10. …toe het ek nog doeke gedra!…se mos daar kort iets voor die Pruim!

  11. Hallo DW…hierdie is nie my storie nie…maar wel iets waarmee ek baie baie te doen het in my werk. Hoop jy’t lekker naweek gehou.

  12. Berwick het gesê op Augustus 24, 2010

    🙂

  13. More Myra, ek dink ek sien gereeld in my werk, die bitter, ek verstaan die soet gedeelte maar swaar!

  14. More B 🙂

  15. Hay man, julle twee maak my nou lekker nuuskierig! Wat doen jy dinkweer?

Los ’n antwoord vir louisna. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.