Profile photo of lisa

by

Sake van die hart – drie klein vragies

Augustus 14, 2010 in Sonder kategorie

  1. Wie glo in ou Prados   (minstens 200 000 km plus op die klok)
  2. Wie het al Harkerville gestap (tips asb)
  3. Hierdie een het my nou ontglip…dit was iets makliks soos verhoudings of tienertantrums of iets…

Bonusvraag:

Enige iemand al ooit ernstig oorbegin met iets?  (Enige en alle insig welkom)

32 antwoorde op Sake van die hart – drie klein vragies

  1. 1. Ek stem amper saam met kamma
    2. Ek ook nie
    3. Verhoudings en tantrums is van verbygaande aard.
    4. As jy oortuig is, laat waai

  2. 1. Te arm (al het dit 200 000km).
    2. Stukkies daarvan. Kry ‘n boek oor mushrooms.
    3. Moet hulle nie te ernstig opneem nie

    Bonus: Ek moes weer pens en pootjies begin klasgee na agt jaar se rondspeel en navorsing doen. Dit was die moeite werd.

  3. 1. Ek het nie een nie, maar my suster sin is nou al oeroud, so, my antwoord is ja.
    2. Nee. Tip: Dra dik sokkies en stewige skoene – net vir die goggas ens.
    3. Laat dit self uitwoed, moenie reageer nie, dit maak dit net erger.
    Bonus: Ja, het op 40 weer geswot en dit baie geniet…begin ook daagliks oor met kosmaak en skoonmaak 😀

  4. louisna het gesê op Augustus 15, 2010

    Carpe diem.Soen elke dag

  5. …… jy weet seker dis Sondag …….. en waar is laasmaandag, kom, laat ons oorbegin ….

  6. *Ons toyota corollatjie het by 360 000 getrek toe ons hom verkoop het – ook net omdat ons getrek het na ‘n plek waar ons hom nie kon parkeer.
    * Geniet dit vir my part ook
    * Been there, done it. Sterkte

    * Sterkte hiervoor ook

  7. Hallo Therina…ek is bly jy smile!

  8. Ek is bly om te hoor mens vergeet daarvan…want op die oomblik voel dit effe akuut!

  9. Dankie Roosdoring, vir die sterkte!

  10. …ek weet dit is Sond(i)ag…en ek weet laasmaandag is helemal verby…en heelaas sal ek bly wees as ons helemal oor kan begin…

  11. allo Annemari..dit tel groot! Groot!

    Wat no 3 betref…Sug!!

  12. Naandse Ghaap…Ek dog die een met die tieners is kinderspeletjies…nou antwoord jy die moeilike een!

  13. Nou wanneer het Gryp in Soen verander, Ouboet?

  14. Hallo Lou…Het vandag die nie-reageer strategie toegepas…en dit het goed gegaan…maar ek is stokflou en ek dink my liewe langbeen ampergroot klein tiener ook!

  15. 1. My vriendin gee US nog hierdie een jaar om haar finansies aan te pas…dan trek sy…te veel dinge wat gedoen wil word op ‘n te klein begroting.
    2. Het gegoogle en die roete lyk erg!…niks van sampioene raakgeloop nie…dalk kan ek dit op spyskaart plaas en rugsak bietjie ligter maak van kos!
    3. Gehoor van tantrums…gelees daarvan en gedink dis strooi! Pheeuw…dis ‘n stewige uitdaging vir iets wat ek afgemaak het as nonsens.

    Wens ek kon net gou vooruit sien of alles mooi gaan uitwerk voor ek besluite neem!

  16. Naand Latino…ek weet nou nie juis of ek wil hoor verhoudings is van verbygaande aard nie…maar dalk as ek so begin dink gaan die lewe so bietjie makliker word vir my! Geniet jou week 🙂

  17. Naand Kamma…ek dink mnrlisa stem met jou saam…

    Ek troos my met die artikel wat ek gelees het oor die tienerbrein…en hoop en bid (aka Orkney Snork nie)

    En jou laaste antwoord waardeer ek – dankie

  18. louisna het gesê op Augustus 16, 2010

    Dis maar net ‘n sagter term as gryp.

  19. 1) Daars hy nounet mooi ingeloop. Jy kan nog so 500 000 of wat uit hom kry
    2) Nog nie, maar sal. Laat weet hoe dit was
    3) Dogter nou 12. . . .HEEELP!!!
    Be Blessed

  20. When in doubt, google {-;

    Mooiloop. Lisa!

  21. Met motors, voetslaan en tieners, moet ‘n mens altyd noodwiele gereed hou! GRINNIK En daardie noodwiel kan baie konkreet of baie abstrak wees … En met oorbegin? Ek begin elke dag oor. Dit gaan al beter. Miskien kom agteros ook in die kraal … 😉

  22. Vertrou jou instink met die Prado en die tiener. En oor begin: maak take klaar wat jy begin het, maar vat elke dag as ‘n nuwe dag, ‘n nuwe begin.

  23. Hulle se so…van die kilometers…bedoel ek…dis nou nie waaroor ek in die nag le en droom nie…maar my wederhelf sien visioene van die Kalahari…en ‘n lekker ryding vir my op die modderpaaie (dis nou as die natuur terugkeer na waaraan ons gewoond is…die afgelope twee jaar het ons net stofpaaie! Mooi aand.

  24. Ek dog jy gaan se “pray”! 🙂

  25. Ek glimlag saam! Hallo Myra.

  26. Dankie Nika…

  27. Hoekom bly jy in my kop?

  28. As jy vir mense bid wat in jou kop bly is dit glad nie ‘n slegte plek vir my om te wees nie!

  29. 1. Ek is ‘n Pajero -man (vrou, maar dit klink nie reg nie) weet nie van Prados nie, maar ek is verlief op my ou 4×4. Hoekom vra jy?
    2. Nee, nee, nee. Ladies dont walk.
    3. Nog ‘n glas wyn, mens kan nie oor verhouding en tieners of geheue wat nie meer lekker is praat, so op ‘n nugter maag nie.

  30. 1. Want ek is die amper eienaar van ‘n 200 000 km oue Prado, ‘n marooooooon een – jig. Mnr LIsa het darem belowe om die kleur vir my te laat verander. Hy glo ek gaan heeltmal verknog raak aan die ou. En ek hoop maar so!
    2. he-he…ek gaan walk…en walk…en walk!
    3. Dalk moet ons die een heeltemal oorslaan vandag. Geniet jou glasie wyn…sonder die talk!

  31. Dis nou waar!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.