Profile photo of lisa

by

Prentjieparade

Julie 30, 2010 in Sonder kategorie

Pruimtwak het my sopas laat dink

dat ek darem baie daarvan sal hou

as die bloggers wat ek graag lees se prentjies so in ‘n ry

voor my neergesit kan word

en dan raai ek wie is wie…

Veel veel beter tydverdryf as debiete en krediete en dinge so op ‘n Vrydag agtermiddag.

En ek wil nog skryf van die mier

wat ek ingedagte doodgedruk het

(en agterna oor spyt was)

toe hy oor die verdorde en bekrapte blad van die pragtig geelhouttafel

in die munisipale kantoor voor my verbylgeloop het

want ek was ingedagte en ontstem oor die gordyne wat net aan elke 10e hakie hang

en oor die verwaarloosde houtblad voor my

(wat my aan die kwesbare benerigheid van mense wat eens met gloeiende entoesiasme geleef het en nou in rolstoele in ouetehuise verskif laat dink het)

en oor die prestikgeplakte papiere teen die mure

wat so heeltemal onvanpas vir ‘n raadsaal is

en oor die man wat nie opgedaag het vir die poging tot rekonsiliasie nie

en toe loop die mier oor na my kant toe

en ek druk hom dood

pleks dat ek hom laat lewe het

want hy is opreg besig met dit wat hy moet doen – om te mier

terwyl alles anders in die vertrek in ‘n ander staat is as wat dit behoort te wees.

so, maak my dag en stuur vir my kiekies

regtes en verkeerdes sodat ek kan raai en bly wonder

wie is wie en of die mier verdien het om te sterf.

20 antwoorde op Prentjieparade

  1. http://blogs.litnet.co.za/rosiemetdorings/batman
    dis ekke, as jy dit oopgemaak kry.
    Om te mier…. ons moet ons o net hou by om te mens dan sal dinge dalk beter uitwerk

  2. bloukaap het gesê op Julie 30, 2010

    NOu is my jaar gemaak, ek het IEMAND laat dink …. nou gaan ek my ‘n stokkielekker koop

  3. lisabeth het gesê op Julie 30, 2010

    maak dit ‘n yogetta

  4. lisabeth het gesê op Julie 31, 2010

    Ek hou heerlik naweek dankie. Nou eers rose gesnoei. 5 Manne gehad wat help…bolle geplant…koppie agter die huis 3 keer uitgeklim saam Oudste en nou RUS ek !!

  5. lisabeth het gesê op Julie 31, 2010

    He-he…ek het nogal oor die mier gesit en dink daar. Hy was stoksielalleen…geen makker in sig nie…en toe sterf die arme ding in my onnadenkendheid!

  6. pasella het gesê op Julie 31, 2010

    Sic transit gloria mundi, al was hy ‘n mier!

  7. Berwick het gesê op Augustus 1, 2010

    Hi Lisa.

  8. lisabeth het gesê op Augustus 2, 2010

    Mooi week Kelly

  9. lisabeth het gesê op Augustus 2, 2010

    Grinnik vir Berwick

  10. Adage het gesê op Augustus 2, 2010

    😉

  11. dinkweer het gesê op Augustus 3, 2010

    “Ek is lewe wat wil lewe te midde van lewe wat wil lewe…”

  12. Janklaas het gesê op Augustus 4, 2010

    Ja, ek dink ek sou die fotos nogal geniet. Jy moet ‘n manier uitfigger waar mens dit anoniem kan plaas.

  13. lisabeth het gesê op Augustus 4, 2010

    My beste plan was regte en verkeerde kiekies…!

  14. lisabeth het gesê op Augustus 4, 2010

    Jip…dit klink reg!

  15. lisabeth het gesê op Augustus 4, 2010

    🙂

  16. Trakie het gesê op Augustus 4, 2010

    Hi Lisa, hoop jy het al die mier se dood verwerk!

  17. Myrataal het gesê op Augustus 5, 2010

    hier is ek slegs ‘n mier
    om my seisoen te vier
    teen leef se muur
    teiken vir die hand wat vuur

    To ant or not to ant
    that is the question! GRINNIK

    Myra

  18. lisabeth het gesê op Augustus 5, 2010

    A difficult question indeed!

  19. lisabeth het gesê op Augustus 5, 2010

    Hallo Kelkie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.