Profile photo of lisa

by

Genade

Julie 13, 2010 in Sonder kategorie

Genade is jou hand op my kop omdat ek slegvoel,

Jou kniel langs my om saam met my te bid,

Jou bereidheid om die reis namens my te onderneem,

Jou daarwees toe ek ry, en jou daarwees toe ek terugkom.

As ek my oe toemaak weet ek daar is geel vlekkies in joune – maar ek sukkel om dit duidelik op te roep.

(En nou slaap jy – ek sal moet wag tot more om my te vergewis)

Intussen sal ek my lyf knus binne die  kromming van joune invou

en met ‘n dankbare hart jou warmte en nabyheid geniet.

12 Julie 2010, en dit is vir my genade.

9 antwoorde op Genade

  1. Berwick het gesê op Julie 13, 2010

    Mooi, Lisa.

  2. eros01 het gesê op Julie 13, 2010

    Dis genade.

  3. bloukaap het gesê op Julie 13, 2010

    werklik, werklik treffend

  4. Janklaas het gesê op Julie 14, 2010

    Is so.

  5. Maak seker hy weet dit wanneer hy wakker word. Vandag gedink hoe belangrik dit is om te se hoe lief ons is vir mense. Nie omdat hulle dit nie weet nie, maar omdat hulle nodig het om dit te hoor.

  6. Mooi!!!

  7. loudavisi het gesê op Julie 14, 2010

    Beslis genade.
    Pragtige woorde.

  8. zephur het gesê op Julie 15, 2010

    Lekker lepellê

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.