Profile photo of lisa

by

Ever-ready

Julie 5, 2010 in Sonder kategorie

HA! 

Ek het al baie dinge in my lewe kwyt geraak wat ek later weer moes kou en sluk.  Meeste daarvan het my baie ongemaklik herinner aan die feit dat ek mens is…nie verhewe bo ander mense nie…en veral nie verhewe bo die swakhede wat ek in ander verag en veroordeel nie.

My skaal het gekantel. 

 Soos die lewe en die tyd aanstap is ek gestroop van hoogmoedige oordeel.  Een vir een het die dinge wat my ander laat oordeel en afskryf het aan eie lyf gevat. 

Selfs Susan Boyle het saamgewerk om my daarop te wys dat ek niks weet van wat ek gedink het ek weet nie.

Die kilogramme wat ek opgetel het die afgelope jaar het ek afgelag (ongelukkig net figuurlik) want ek weet mos waarom dit gebeur het – ek kon nie oefen nie, en ek het onder andere  laat waai met alles wat die flukse baksters in die kantoor op my lessenaar laat beland het – vir ‘n goeie doel – hulle bak en brou vir ‘n nuwe watermasjien

Vriendin het uit Tanzanie laat weet dat sy 10 kilogram in twee weke opgetel het…hulle het luuks gesafari.  Ek lag haar uit – ek dink ek wen jou – sms ek terug sonder ‘n kommer van ‘n kilogram in my gedagtes.  Ons bedoel mos ons hou heerlik lui vakansie en eet lekker.

Na drie weke van droewors en skaaptjoppies en potbrood en kondensmelkkoffie met beskuit en geen oefening, behalwe lui stappies in die veld nie,  het ek my eie grense geskuif.

Ek dink die skaal se batterye is pap. 

Ek moes gryp na my kuper papier en pen.

Ek moes (baie vrywillig) die avokadopeer roosterbroodjies wat Liefie vir my bed toe bring bedank, en woes sluk aan die suurlemoenkookwater wat hy ook baie onskuldig en met goeie bedoelings aangedra het. 

Die skaal makeer iets – beduie ek terwyl ek my kop iewers tussen sy skouer en nek inwoel.  Het ek vet geword – wil ek weet. 

Ek sien jou elke dag – antwoord hy russen die happe avobroodjies deur – ek kan nie se nie.  Maar ek kan hoor hy smaail.

Daar was nerens spieels wat meer as mens se gesig wys die vakansie nie, kla ek, nou ingewoel in die veilige beskutting van sy arms.  En dit beteken niks kantoorklere gaan vanmore pas nie.  

Ek wil nie opstaan nie.  En ek wil liewer nie weet nie.  En ek dink ek moet deur die netwerk van die huis af werk vandag…net tot die vakansieklere alles deur die was is.

Want my skaal se batterye is pap vandag!

10 antwoorde op Ever-ready

  1. louisna het gesê op Julie 5, 2010

    Maak vrede met die gewiggies Lisa. Sterkte en groete.

  2. ek het ook die oggend afgeskop met ‘n glasie suurlemoenkookwater. dink jy dit help??
    Weet jy die fabriek het die batterytjies se naampie verkeerd gespel dis hoekom hulle nie wil werk nie. dis eintlik: Never Ready

  3. Janklaas het gesê op Julie 5, 2010

    Dis half of my skaal begin om my jare by te tel.

  4. HeavyHenry het gesê op Julie 5, 2010

    “…Het ek vet geword – wil ek weet. “

    Jis dis ‘n gemene vraag – hoe moet die arme man dit antwoord?

  5. loudavisi het gesê op Julie 5, 2010

    Heerlike skrywe, Lisa!
    HA! vir die skaal.

  6. Berwick het gesê op Julie 5, 2010

    Goed gaan, Lisa.

  7. lisabeth het gesê op Julie 5, 2010

    Julle ook B.

  8. lisabeth het gesê op Julie 5, 2010

    Ag Lou…ek is nie ‘n kilojoule teller nie – ek laat waai en bekommer my nie te veel oor gewig nie…maar helaas…hierdie keer is E R N S T I G!

  9. Myrataal het gesê op Julie 6, 2010

    Ek voel baie meer vroulik vandat ek nie meer ‘n planklyfie het nie. Dis waar! GRINNIK

    Hallo Lisa!

  10. Myne se batterye het pap geword sonder dat ek weg was met vakansie! Nou dis erg!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.