Profile photo of lisa

by

Agge Nee!

Julie 2, 2010 in Sonder kategorie

Vir twee dae in Pretoria en gebruik die tyd om al die nostalgiese plekke te besoek…Loftus, Tukkies, Lynwoodweg, Menlyn, en toe draai ons Wes Brits se kant toe…het immers my laerskooljare daar in Bodensteinpark deurgebring…

Net verby Zanandi haal ek al my kamera uit sy sak…ek wil niks mis nie, fotos van alles neem…ek was 27 jaar gelede laas in Brits…

Name van maats en mense vlieg deur my brein.  Hier het ek fiets gery…hier geloop…hier was die fliek…die woonstel waarin ons gewag het vir ons nuwe huis om klaar te kom…die skool…die kafee… die kerk…Bodensteinpark…my eerste kerel se huis…ons straat… Blinkblaarweg…ons huis…

Die kamera het op my skoot bly le…lense nie eers eenkeer oopgemaak nie.

Die groen sypaadjies wat soos setperke langs die straat gele het is vaal…daar is agapante in al die blombeddings….die staanrose is uitghaal…my Kareeboom het GROOT geword…daai tak is die een waar ek gesit en boeklees het…gespeel het….gedroom het…om die draai is die parkie…verwaarloos. 

Gesigte en name stroom deur my geheue en my hart…maar ‘n tam verwaarloosing le oor die eens spogbuurt.

Ons ry Elandsrand toe…ek soek die blou swembadwater tussen die baie rotse en bome…muurtjies dop af…vullis le gesaai op al die oop erwe…

Die strate is vuil.  Ek wonder waar die nuwer dele van die dorp dan le…seker tog nie die afgeremde geboue wat ek sien nie.  Maar dit is dit.  Kentucky sit nog op sy plek, waar die buurman oorkant die straat hom destyds die eerste keer oopgemaak het. 

Ek is verstom.  En so klein bietjie verslae.  Dinge is nie bloot ouer nie…dis verwaarloos…erg verwaarloos. 

Waar is die plek waar ons straatbraaie gehou het, en in helderblou swembaddens baljaar het. 

Dis nie my grootwordplek die nie…dis soos ‘n geraamte van iets wat was.

Ek protesteer nie toe die motor se neus terugdraai Pretoria toe nie – ek het nie ‘n laaste blik op die plek nodig nie…dis nie dieselfde plek as wat ek geken het nie…

Ek sal dit onthou soos dit was.

7 antwoorde op Agge Nee!

  1. Dit breek mens se hart. Ons is baie uit Tukkies op die blog!!!

  2. katrina het gesê op Julie 2, 2010

    Ek is ook ‘n oud-Tukkie 🙂 Ja, mens onthou alles so ‘n bietjie anders, dalk, maar dit is hartseer wanneer plekke so verwaarloos.

  3. loudavisi het gesê op Julie 2, 2010

    Dis maar beter om dit te onthou soos dit was, lisa.

  4. Berwick het gesê op Julie 2, 2010

    Dalk beter om te onthou soos dit was.

  5. lisabeth het gesê op Julie 2, 2010

    Jip…in Laerskool Brits en toe net st 6 in Hoerskool Brits…ek weet waar Raasblaar is!

  6. HeavyHenry het gesê op Julie 4, 2010

    Weet jy, dit maak mens eintlik die moer in. Want daar is geen rede voor nie – net sleg etters innie munisipaliteite wat net skep en niks doen wat na werk lyk nie.

  7. Love your style of writing my friend. Have you written any books? I think you tell your stories exceedingly well. It is almost as if you are chatting to your readers. No attempt to impress or convince. Just weaving our wonderful language into a tapestry depicting people and places.

    Rene

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.