Profile photo of lisa

by

Nanag

Junie 16, 2010 in Sonder kategorie

In hierdie nanag, terwyl ek worstel, dink ek aan oom XYZ.

Oom,

Ek kon nog nooit jou beeld losmaak van die gerug wat oor jou die rondte gedoen het nie, (vergewe my).

En ek wonder hoeveel ander kon.

En ek wonder of dit nie my eie onvermoe om jou ooit los te kon sien van die beweringe wat rondom jou voorkeure en plesiere gehang het is, wat maak dat ek vannag nie kan slaap nie. 

Dalk as ek jou beeld vir my kon losmaak, van daardie stories wat oor jou gefluister is, sou ek kon glo dat dit moontlik is vir ‘n gemeenskap om te vergeet en te vergewe en lief te he en te laat lewe.

Maar nou kon ek nie.

In die kerk het ek oor jou gewonder.  En in stille hoogmoed my hart van jou afgewend.

Later, toe jy ons oor en oor bedank het vir ‘n weldaad aan jou bewys,

en jy trane van aandoening uit die hoeke van jou oe gevee het,

het ek jou hand gedruk, en geglimlag en jou verseker dat jy dit ook sou doen vir ons,

maar binne my het dit nie verander aan die beeld van jou in my nie.

En as ek soms verby jou voormalige woning ry, is dit wat in my opkom:  Jou beweerde skande. 

Nie enige goeie daad, of edel motief, of enige iets noemenswaardig anders wat jy ooit in jou lewe bereik het nie.

En van jou  was dit maar beweringe.

Waarom sal dit in hierdie geval dan anders wees? (Al is dit heel anders).

As ek vir jou dit nie kon doen nie – waarom sou ek dit vir ‘n ander kon. 

As ek jou nooit kon vergewe nie (selfs nie van beweringe nie) hoe sal ek dan feite kan?

Of is dit die ding wat my laat rondrol.

Die hoogmoed en die trots.

Wat ‘n dik dik muur om hierdie binnekant bou.

En isoleer.

Dalk sien ek my in elke handdruk.  Elke glimlag.  Elke vertroostende woord. Elke tentatiewe uitreik, en versigtige naderkom. En daarom bly ek isoleer.

Omdat ek nie kan vergeet hoe ek jou hand kon druk, terwyl in my binnekant jou beeld onveranderlik gebly het nie.

5 antwoorde op Nanag

  1. loudavisi het gesê op Junie 16, 2010

    Lisa, ek weet nie of ek die skrywe mooi verstaan nie.
    Vergifnis bring verligting.
    xxx

  2. Lisa! Bewerings? As die munt ander kant toe gedraai was?
    Meer mense is met die mond vernietig(bewerings).
    Tensy jy die feite het, maak maar jou jou hart skoon.
    Jy was vroeg op ne.

  3. En sê nou net dis al wat dit is? Bewerings, dalk ongegrond? Moeilike een.

  4. Suster, ek stoei met myself met die vergiffenis saak – en uiteindelik le dit soos ‘n rou wond iewers en maak my meer seer as die een wat vergewe moet word. Ek het een les geleer: dis maklik om hieroor te praat, heel ander storie om te doen. Daar was net een mens in die geskiedenis wat dit waarlik kon regkry en Hy is deur ons gekruisig….

  5. Ek dink nie vergifnis kan ooit van mens self kom nie.. Veral die groot vergewes…die wat ondenkbaar is…die wat almal se ‘ek sal nooit vergewe as dit gebeur’…dis daardie waar jy nie eers regtig ‘n behoefte het om te vergewe nie, maar jy weet jy moet. Ek dink die enigste manier is om elke dag te vra om dit te wil doen…elke dag te vra om dit reg te kry…
    Dis maar wat ek dink… ek is nog besig met een van daardie vergewes…. (wat as jy my sou gevra het ek sou se ‘DIT kan ek nie vergewe nie)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.