Profile photo of lisa

by

Bosse toe.

Junie 11, 2010 in Sonder kategorie

Toe ek begin blog het ek nie geweet dat daar kommentaar gelewer word op wat jy skryf nie, en logies ook nie dat mens ander mense deur hulle skrywe en kommentaar hier leeerken en leer omgee vir hulle nie. 

Dit was ‘n rowwe drie jaar wat verby is, en die laaste 6 maande skof was opdraande – ek het nooit kon dink dat ek die dinge waarvan ek my hele lewe seker was op ‘n dag in twyfel sou trek nie.  Dankie vir genade.  En dankie dat ons nog is.

Ek sien daarna uit om die bosse in te vaar, om elke aand om ‘n vuur te sit, om ver te stap, en om net te wees. 

Pas julle mooi op.

Lisa

28 antwoorde op Bosse toe.

  1. Janklaas het gesê op Junie 11, 2010

    Ja, dis so min of meer my plan ook.

    Geniet!

  2. lisabeth het gesê op Junie 11, 2010

    En ek gaan sterrekyk – elke aand!

  3. Jy moet dit baie geniet en baie stil tye he om jou siel te charge!

  4. Janklaas het gesê op Junie 11, 2010

    Ek ook! En, daar is ‘n komeet vroegoggend in die noorde, op pad na die ster Capella toe, wat ek gaan probeer raaksien.

  5. lisabeth het gesê op Junie 11, 2010

    !! Ek is nogsteeds by die begin…om die kolletjies in die boek en die kolletjies in die lug by mekaar te kry. Het waarskynlik alweer die helfte van die name vergeet…en alles sit sekerlik alweer heeltemal op ander plekke as Desember.

    Rus lekker.

    Moet diekant nog die laaste werk afhandel…Nbste leers na verskillende rekenaars stuur vir ingeval…klaar pak en dan die res wakkermaak om te ry!

  6. lisabeth het gesê op Junie 11, 2010

    Ek sien uit daarna. Goedgaan tot later. (Het my JM boek – wat al ‘n paar jaar onaangeraak op die rak staan ingepak – was nogal verbas dat ek een van haar boeke het – en nog nooit gelees het nie!) L.

  7. Ag se watter een toe…ek is mos vreeslik nuuskierig!

  8. lisabeth het gesê op Junie 12, 2010

    7 dinge wat jou vreugde steel.

  9. Nog nie gelees nie, maar ek glo dit gaan ‘n groot leesblessing wees. Live your life with Passion is my gunsteling.Jy moet laat weet wat jy gedink het en of dit ‘n moet lees is.

  10. Janklaas het gesê op Junie 12, 2010

    Kyk darem of jy die skerpioen kan sien – dis ‘n mooi herkenbare vraagteken. Naby sy stert is daar ‘n klomp newels wat mooi lyk deur ‘n verkyker.

    My gunstelinge vir ‘n verkyker is omega centauri naby die suiderkruis, en 47 tucanae, ook in die suide naby magellaan se wolke.

  11. lisabeth het gesê op Junie 12, 2010

    Sal so maak…ek lees baie min deesdae…en as dit konsentrasie verg nog minder! Hopelik kan ek die vakansie lekker inhaal!

  12. lisabeth het gesê op Junie 12, 2010

    Ek sal kom terug rapporteer…! Lekker slaap.

  13. FOXY1975 het gesê op Junie 12, 2010

    Hoop jy geniet jou ruskansie en dat jy kans sal kry om binne-in ook bietjie stil te kan raak! Jou vakansieplanne klink na iets wat ek ook nodig het maar wat my op hierdie stadium ontwyk.. dalk eendag!
    Mooi bly en bring foto’s saam!
    x

  14. loudavisi het gesê op Junie 12, 2010

    Geniet dit, Lisa.

    Rus, rus, rus!
    xx

  15. Jy moet ook lekker rus en jouself oppas.
    Enjoy!!

  16. Geniet jou vakansie. Ons wegbrekie is in die wiele gery deur ‘n onvoorsiene issue wat opgeduik het

  17. HeavyHenry het gesê op Junie 13, 2010

    Jis daai vuur gaan nodig wees – dit word blerrie koud!

    Geniet dit!

  18. Berwick het gesê op Junie 14, 2010

    Geniet dit.

  19. lisabeth het gesê op Junie 16, 2010

    Dankie Foxy…ek hoop die stil tye bring klaarheid en rigting!

  20. lisabeth het gesê op Junie 16, 2010

    Dankie Lou. En vir jou opmerking oor dalk bietjie depressief wees so rukkie gelede…as ek my eie posse teruglees het jy waarskynlik ‘n punt beet…Hoop jy rus ook lekker!

  21. lisabeth het gesê op Junie 16, 2010

    Dankie Samuhr…wil vir jou dieselfde se…maar gaan eers kyk wat daar by jou aangaan voor ek kan weet of dit rustyd of werktyd is by jou

  22. lisabeth het gesê op Junie 16, 2010

    Dankie Thomas…ek is besig om baie slim te word oor al die FIFA disasters…koerante diekant vol daarvan! Mooi bly.

  23. lisabeth het gesê op Junie 16, 2010

    hallo MK…ek verneem jy het verjaar. Mag die jaar wat voorle vir jou vol diep vrede en vreugde wees! And many many more!

  24. lisabeth het gesê op Junie 16, 2010

    Ai! Hoop julle kan die vakansie net uitstel en nie afstel nie!

  25. lisabeth het gesê op Junie 16, 2010

    Die kinders het gister nog geswem hier bo…emails gekry van die Kaap… sien ons huis is wit toegesneeu!

    Hoop maar die lekker winterweer hier hou…gevriesde grond is nie ‘n lekker matras in ‘n tent nie!

  26. lisabeth het gesê op Junie 16, 2010

    Hallo Ekke…ek het eers daar by jou gaan lees om seker te maak ek herken jou…

    Baie aangrypende versugting wat jy het…mag dit ons kinders gespaar bly.

  27. lisabeth het gesê op Junie 16, 2010

    Hallo B, ek geniet dit reeds. Heerlike weer tot dusver…en alles gepak en gelaai vir die groot kampery. Groete

  28. HeavyHenry het gesê op Junie 17, 2010

    Jis dit kan jy weer sê – en ‘n tent issie ‘n huis met regte mure nie…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.