by

Pollie ons gaan Paarl toe…

Junie 4, 2010 in Sonder kategorie

Ek is nou bietjie moeg vir die bloed en die derms – so ek tik hier sodat my blog kan “omblaai”.

Ek wonder al hoe meer waar die “tradisie” van rou lewer eet en die jagter se gesig met bloed smeer vandaan kom, en wat die oorspronlike betekenis daaragter is.

Hoe langer ek daaroor dink hoe grilleriger word dit vir my!

Maar eintlik het ek gese ek is bietjie op vir die tema.

Ek het twee rugwerwels “gebreek” – kompressie frakture – met die perdryery, so ek kon nou vir ‘n lang tyd  nie tennis speel of draf nie.  Het nou weer begin en ek is stokflou binne 30 minute! Teen ‘n knaap die helfte van my ouderdom gespeel wat net nie die “tannie” voor my naam weggelaat kry nie.  Ai! En vanaand in die spieel gesien die baie rare grys haar was vrugbaar en het vermeerder!

Ek kon nog nooit dieet nie, maar aangesien ek die afgelope maande sonder oefening moes klaarkom, en my eetgewoontes sommer uit pure domonnosele frustrasie opwaarts aangepas het, het ek ‘n laag of twee donker sjokolade,  en nog ‘n paar kantoorhappies om saam met my oor die baan te sleep.  Dit lyk dus of een of ander vorm van gewigsverlies my voorland is, en dit wil voorkom of dit nie met soveel genot gepaard gaan as die teenoorgestelde proses nie!  

Sou dit nie lekker wees as een of ander vorm van positiewe denke dit sommer vanself kon laat gebeur nie.

Nie dat ek in positiewe denke glo nie…en ook darem nie dat ek nie daarin glo nie…net dat dit net dit kan vermag wat positiewe denke kan…en niks meer nie.

Nou het ek sommer bietjie derms uitgeryg om weg te kom van die slagting.

Groete

Lisa

4 antwoorde op Pollie ons gaan Paarl toe…

  1. louisna het gesê op Junie 4, 2010

    Hallo Lisa. Ek like nie die woordjie oom nie. Dus het begrip daarvoor dat jy nie getannie wil word nie.

  2. Ai, die ewige ekstra gramme. Met jou verandering in leefwyse van aktief tot baie stil na die besering, sou jy buitendien gewig opgetel het. dink nie jy’t noodwendig oortree met jou eetgewoontes.

  3. Alandupreez het gesê op Junie 4, 2010

    Ek het ook so ruk gelede weer op die tennisbaan gekom. Het nie besef dat daar nog soveel speier oor is wat kan seer wees nie! Hoop jy het die jong knaap laat les opse!

  4. zephur het gesê op Junie 7, 2010

    Sterkte met die heelword proses…of is dit nou weer in shape kom proses. Ek is so sleg soos ‘n boemelaar na die blindederm operasie in April…ek kort oefening.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.